Overberg halfdagtrippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Straddle

Race Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
759
Reaction score
1
Bike
KTM 1290 Adventure R
Met die koue front wat voorspel is vir Saterdag moes daar vandag bike gery word. Al my mederyers is of besig of uithuisig so besluit ek maar om alleen n draai te ry. Dit is either stofskoter ry of ingeboude kaste regmaak. Vroulief besluit om laat te slaap so sluip ek alleen die huis uit met geen vaste plan nie. Ry toe vir n slag om rooiels toe en verlang toe na die Busa wat die pad honderde kere gery het. Ek verwonder my ook aan die massiewe huis op rooielspunt. (Blykbaar African Bank se direkteur). Die huis laat Rooiels lyk soos Plettenbergbaai. By die Drummond Arms loop ek toe my vas in een van ons local bike klubs nl die "Mad Dogs". Daar word toe veel gepraat oor my Trekker en hoe swaar hy op diesel is. Ek neem my voor om definitief hulle een of ander tyd in die pas te kry en te wys hoe n 990 die twisties hanteer.
 

Attachments

  • IMG_0371.JPG
    IMG_0371.JPG
    283.6 KB · Views: 444
  • IMG_0372.JPG
    IMG_0372.JPG
    345.9 KB · Views: 443
  • IMG_0373.JPG
    IMG_0373.JPG
    330.9 KB · Views: 447
  • IMG_0370.JPG
    IMG_0370.JPG
    251.4 KB · Views: 452
Top