Pa seun trip. April 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,265
Reaction score
712
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Pos solank my paar pics.

Ander ouens gooi julle pics wat daar was ook.  :ricky:


Saterdag 05H00 in die pad geval en so 07H00 by CVZ  (wat die ride georganiseer het vir ons) se plek aangekom.
So 08H00 was almal daar en het ons net na 08H00 vertrek. Lieflike dag met lekker weer. Nicobie was "toerleier"
en ek die sweeper agter.
Eerste keer wat ek in hierdie wereld ry. Lekker grondpaaie,definitief newbie vriendelik ens. Ons was 11 ryers altesaam.
Ons het n  paar valle  ook gehad maar gelukkig niks ernstig nie.  Ek moan altyd dat die laaities van vandag pap en net
pc games en sulke goed kan doen. Moenie glo nie. Hierdie jongklomp was n tawwe spul.  :thumleft:
Heel eerste vang n dik wal sand vir die langman ,Bertus uit , reg voor my in die pad. Ek skrik my vrek  want die bike le bo op hom.
Ek en Ruanne tel die bike op en  worry my vrek of die ou nie iets gebreek het nie want hy het hard geval. Neusbloei en lip stukkend gebyt.
Ek se nog hy moet bietjie rus en kalmeer maar moet nie glo nie. Die man vlieg daar op en jy sien net kak en klippe spat soos hy daar wegtrek amper nog bo oor sy bekommerde pa (CVZ )wat  omgedraai het om seun te kom help . Kon nie help om die ou se courage te admire nie.
Sy pa se "ongevoelige" trooswoorde was. "Moenie worry nie jy het nou klaar jou val vir die trip gehad".    :eek7:
Dan was daar Josh (soutie) wat met sy pitbike besluit het hy gaan nie nog wag vir die outoppies nie en by tye was hy die toerleier soos die ou jaag.
Uiteindelik kon die engine nie meer byhou nie en het die gees gegee. Volgende keer moet sy pa hom op n "leash" hou want die klein outjie ken nie brieke nie. Hy het net een spoed en dit is volspoed.  :lol8:
Respect to you Josh.  :thumleft:
Die navigasie het ook nie altyd so lekker geloop nie maar danksy Nicobie het ons by ons slaapplek uitgekom.  :lol8:
Dan die ergste slip up vir die dag is deur die outoppies ek en Nicobie gemaak. Amper by ons slaapplek so om n blinde draai stop ek en Nicobie.
Skerp afdraend met diep skeure,rotse en klippe op die kante en dan n bruggie onder. Toe ek stop besef ek onmiddelik nou maak ek n fout want die hele 125 gang is met n spoed oppad. Volgende oomblik sien ek net Christopher aan my linkerkant verbyvlieg in n diep skeur vol klip en rotse.
Paar ouens moes die bike gaan uithaal na die tyd. Ek kon nie glo hoe goed die ou kop hou want die outoppies het die hele pad volgestaan.
Agter my het Michael en Bertus blykbaar ook erg dinge aangevang om net net agter my in n stofwolk te lande te kom.
Christopher se voet het seergekry en die outoppie vra groot omverskoning dat ek jou amper lelik laat seerkry het. Lanklaas in my lewe so n "save" gesien op n bike.
Ruanne en Deep6 is ook nuwe manne op die grondpad maar hulle is al groot mense. Ek kon sien die eerste dag die twee is "styf" op die bikes hier voor my maar hulle het nogtans alles  goed gehanteer wat die trip opdis. Die volgende dag het ons n paar lelike sand stukke gekry en het my bek oopgehang soos die twee ewe skielik soos ou "pro,s"
hier voor my in die sand ry.
Die plaashuis en mense waar ons oornag het was iets besonders. Ons bier en koeldranke was yskoud saam met ons braaipakkies netjies opgemaak in die yskas. Heerlike melktert (n grote), groot bak waatlemoenstukke met granaatpitte versier,groot pot braaipap en sous,hout en alles. Spierwit beddegoed met ekstra opblaas mattrasse klaar opgeblaas en alles. Ek kan nou ongelukkig nie die gawe eienaars se name onthou nie maar hulle het vir ons bietjie gaan wys op hulle netjiese plaas en die diere.
Aan die 4 laaities wat saam was. Josh,Bertus,Christopher en Michael kan ek net se respek ouens .
Spesiale dank aan Cobus (CVZ)  vir al sy moeite en onkostes om vir ons die trip te organiseer het.

:ricky:
 

Attachments

  • Pa seun00006.jpg
    Pa seun00006.jpg
    193 KB · Views: 581
  • Pa seun00009.jpg
    Pa seun00009.jpg
    265.1 KB · Views: 565
  • Pa seun00019.jpg
    Pa seun00019.jpg
    207.6 KB · Views: 557
  • Pa seun00004.jpg
    Pa seun00004.jpg
    262 KB · Views: 572
Top