PE Soup Run

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DeonS

Pack Dog
Joined
Oct 19, 2007
Messages
315
Reaction score
0
Location
Stutterheim
Bike
AJS (all models)
Wil jy so bietjie "jol", en iets goeds doen ook?

Vir Saterdag, 11 Junie het ons die heel eerste "soup run" in die bikerswêreld van SA gereël.  Dit sal die vorm aanneem van 1n "day jol" te "Out of Africa" (St Albans afrit).  Dit begin om 10:00 en daar sal `n groot verskeidenheid stalletjies wees, asook tyre gooi, toutrek en ander bikers-sports.  Toegang sal R40 per persoon wees. Elkeen sal `n metaal "Soup Run 2011"- wapentjie ontvang wat hy/sy saam met hul ander wapentjies op hul leerbaadjies kan vassteek.  Die idee is dat daar ook `n 2012 en 2013 ens soup run sal wees.  Almal bring iets saam vir ons sopkombuis (soup mix of enigiets wat mens in sop kan gooi).

Op Sondag, 19 Junie sal DV `n bikers-diens om 09:00 gehou word waartydens die hoofleiers van die bikers klubs in die metropool `n tjek met die opbrengs van die day jol, aan die leiers van die sopkombuis sal oorhandig.  Die sopkombuis dien veral die mense in die Sidwell omgewing. Dit lyk sover asof daar nogal groot belangstelling vir hierdie saak is.

Kontak Germa – 084-516-0586
 
Top