Plaasdam swem

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Sommer Ek

Pack Dog
Joined
Nov 23, 2008
Messages
291
Reaction score
12
Bike
BMW R1200GS
Ek het die afgelope naweek weer gesien dat mense langs die pad stop en deur die boer se draad klim om in die dam langs die pad te gaan afkoel.
Ek verstaan dat dit warm is maar besef die mense dat daardie draad iemand anders se draad is. Verder, besef hulle dat  hulle in werklikheid  hulle sweet en ander persoonlike onderdele afspoel in die diere se enigste drinkwater. 

Skep dan eerder 'n bak of sak vol water en gooi dit oor jou uit. Sodoende mors jy tien liter water maar jy besmet nie die hele dam nie.

Boere is eintlik baie verdraagsaam.  Baie min boere sal kla indien jy by sy dam water skep om te drink of jou gesig buite die dam te was. Dink maar wat sal gebeur as jy oor 'n dorpenaar se heining klim en in sy Khoi dam gaan afkoel. Hopelik het hy nie 'n bytmasjien nie.

Nee ouens, kom ons dink so bietjie voor ons doen.
 
Top