Pta na PE (Addo) 5&6 Mei - My Varkie gaan haal!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Kom ons begin by die begin waar alles onaard het deur n gejeuk wat nie moes gekrap word maar ja hoe is ons mens ons krap waar dit nie jeuk nie. Punt!
Ek het so tyd terug by n saamtrek Jupiter se R1150GS Adv vir n ry gevat en wat vir my so snaaks was is dat die man aangebied het, was nie nodig om sy rubber arm te draai. Wel jup het geweet hier kom n ding toe ek en die ingelsman so weg purr op sy scoot.
Toe ons terug kom toe weet ek die koel is deur die kerk, so fiets soek ek ook. Om n lang storie kort te maak het ek na 8 eienaars, jupiters se raad, Veldbrand se infromate, Obiwon se oog vir n fiets wat reg is en Toorsa wat so mooi na sy fiets gekyk het. Ekt nie gedink dat ek so volledige diens rekord sou kry, mensig maar die fiets is pragtig en skoon.

Trip.
Vertrek uit Pta ( Midrand) Maandag 14:45 en klap dit daar deur die verkeer nie dat ek so baie verkeer al tee gekom het hier op Addo nie, julle verstaan nie maar so op die Golden Highway deur 2 tolhekke tot op Kroonvaal vir n koffie. Het nie fotos geneem op die dag nie maar wel op die volgende dag, het net met die foon geneem want het kamera tuis gelos vir verskye redes.

18:45 in geklok op Bloem en na tien min is Cheetah buite hek, besig nog om uit te pak, breek sleutel in deur af gelukkig is dit oop en daars n spaar by katoor maar ja dinge kan net beter. Wel na Jacques se tuiste is ons, vuurtjie brand, kuier lekker,  deel soos engie wilddog doen en raak nie uit gepraat oor die bike goeters. Dutchman81 skakel my en vra of ek n pakkie vir hom kan saam bring, wel daar kom die gedagte dat ek sommer by hom en my broer op Queenstown n draai kan gaan maak.
Na n lekker kuier is ek weer by Gastehuis, lekker moeg want het amper geen oog toe gemaak die vorige aand op die bus na Pretoria, opgewonde was die rede natuurlik julle weet mos. Na n warm stort in die bed en slaap n storm los.
Dinsdag oggend vroeg uit die vere, google gou paaie terug Addo toe, Q-town om is maar net 70km verder. Besluit gemaak, begin pak en by 7uur ry ek uit Bloem op die N6 in die rigting van Q-town, dus koel maar nie koud.
My eerste stop waar ek die varkie sal vol maak is op Smithfield, het sommer n koffie genuttig vir die koue hande en n kiekie geneem vir JMOL ( pragtige Kerk).
Nog n paar kiekies oppad na Aliwal Noord, jammer vir die kwalitiet dis n BB kamera foon.


 

Attachments

  • The R P G (3).jpg
    The R P G (3).jpg
    311.9 KB · Views: 403
  • The R P G (5).jpg
    The R P G (5).jpg
    266.8 KB · Views: 397
  • The R P G (6).jpg
    The R P G (6).jpg
    296.1 KB · Views: 382
  • The R P G (7).jpg
    The R P G (7).jpg
    237.5 KB · Views: 386
  • The R P G (10).jpg
    The R P G (10).jpg
    241.7 KB · Views: 398
  • The R P G (4).jpg
    The R P G (4).jpg
    327.9 KB · Views: 406
Top