RECCE in die rigting van die Winterberge.....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

TWE-TWE

Race Dog
Joined
Jul 2, 2014
Messages
2,492
Reaction score
354
Location
.SOMERSET-EAST
Bike
AJS (all models)
Dis met groot opgewondenheid wat ek aan my beplanning vir die recce gewerk het;

1.ek moes mede-WD's oorreed of nuwe WD's kry om saam te ry..........wat begin het met 2 Wilde Honde(ek en Laban) het geeindig in nog 2 dames van die omgewing,wat die wilde hond forum ge"join" het...Lucky One en Duduma..en Karen wat gister saamgery het skryf die week in as "Forget me not.."..........ongelooflik ne!!  :ricky:

...op die nippertjie vir Hennie en Len oortuig dat hulle nie die "outride " mag mis nie.....

...Rebecca het besluit sy is Laban se pillion vir die dag..

2.Back-up; Andries met n motorfiets-waentjie en 2 jerry-kanne vol petrol, droee wors,koeldranke en roosterkoek....Rebecca se plaas-maatjie is saam vir geselskap..Andries was ook die "sweeper"  :lol8:

3.San-Boesman" Camp Kimbo" moes funksioneel wees as Laban Vrydagmiddag opdaag...  ;)

RR volg ;
Vrydagaand n vinnige worsie gebraai en koffie gedrink voor Laban en "silvo" gaan lepel le het in Boesmanhuisie no 2..
Saterdagoggend 05h00 was ek wakker agv opgewondenheid oor my eerste gereelde 'outride"... :ricky:
07h00 koffie in die kamp saam met Laban..
08h00 kry ons vir Hennie,Karen en Lucky One by die kamp afdraai...
08h40 kry ons vir Len( van Cookhouse) by die Sheldon-grondpad afdraai...
dit was baie koud...3 grade Celsius  :(  op die foto sien jy n groot wolkbank in die agtergrond met n vreeslike wind..!!..Hennie se toe,dat as ons girls die dag maak en geniet is ons" true bikers"
o...van die 6 bikes was 4 Hondas !!!...(wat se jy daarvan Turd)
die Sheldon pad was goed.....n paar vlakvarke het ons kom groet...  :snorting:
toe die sonnetjie uitkom was die rit skielik nog beter...ek kan net dink hoe lekker n outride in perfekte weer moet wees..
op Bedford het ons soveel moontlik koffie en koek in so kort as moontlik tydbestek verober.....verstaan nou waarom wilde honde so kan eet en altyd bekommerd is oor wat daar te ete is..  :imaposer:
ons ry tot by die Bedford golfclub..net om die 'feeling" te kry... ;)
En toe vat ons n moeiliker pad terug Middelton toe....BAIE klipperig maar Baie lekker...!!!..pragtige omgewing...ek sou dit nooit gesien het nie,want ek sou nooit daai pad met my motor gery het nie....
Ons paaie skei by Middelton na ons ietsie kouds gedrink het....
die moeilikste van die dag was die vreeslike wind wanneer ek teerpad gery het...het my amper van die pad afgewaai...gery en dink aan n 250cc..... ;)

Gevolgtrekking; Ons is ware Bikers !!!

dankie;
1.Laban..dat jy my onder jou vlerk geneem het met die bike ryery en forum-idees. n Groot dankie vir die kamp se mooi naam; KIMBO..".huis" in boesmantaal...
2.Lucky One en "forget me not"..julle laat my verstaan waarom die Voortrekker-vroue kaalvoet oor die Drakensberg kon trek....
3.dankie Len vir al jou tegniese raad..
4.Hennie jy het my nog lank na die tyd laat lag oor makoue en hoenders...
5.dankie Andries en die dogtertjies vir die "back-up"
6.En laaste ,maar nie die minste... :ricky: dankie aan HONDA ,julle bikes is great....  :3some:

WAT NOU;
my speedometer staan op 520 km...
Miskien moet ek 1000 km (van die 2000km) Kalahari Bash toe ,met my Honda ry,ter bewusmaking van Pink trees for Pauline.......
 
Top