RR: ATTAKWASKLOOF & PAARDEBOND

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,760
Reaction score
554
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir 'n geruime tyd al wou ek graag die Attakwaskloof-pad en die Paardebond-pad gaan ry (nog nie tevore gedoen nie), en nadat ek onlangs by wandelende GPS-man ChrisL so bietjie "navraag" gedoen het moes hy seker die skimp gevang het, want nie 100 jaar nie toe word planne beraam vir dié tog.

Veldbrand word natuurlik ook genader, en by die vulstasie het ek skaars volgemaak toe die 1150 intrek - met 'n papwiel!  Na 'n snotwurm en bietjie wind is ons egter gou op die grondpad, verby Van Wyksdorp, tot waar ChrisL ons by die Attakwaskloof se wegdraai inwag.  Daarvandaan ooswaarts verby die Woeska murasies, terwyl die pad soms steil op en af loop met knap draaitjies. 

Die padoppervlak is oor die algemeen goed - as jy die voorreg het om direk op hom te ry.  'n Ontploffing in 'n albasterfabriek is waarskynlik die naaste beskrywing vir hierdie "marbles" wat groot dele van die pad bestrooi, maar ek kom mettertyd die rytegniek agter en kort voor lank kom Bonniedale se groen grasperke in sig en vat ons 'n breek onder die dennebome langs die dam. 

Drie reusagtige roosterkoeke word uit 'n saalsak te voorskyn gebring - Albertinia se trots.  Met die innerlike versterk is dit voort en deur die dennewoude, skerp links en deur tot by Ruiterbos waar ons by die teerpad aansluit.  By Eight Bells aangekom word bruisdrankies bedien maar van weer eet is daar nog nie sprake nie.

Oor die Robinsonpas vat ons die eerste afdraai links, verby die Hotazel Chili fabriek, en kort daarna vurk die pad in by die een uit Volmoed se rigting.  Weswaarts volg ons hierdie Paardebond pad, en alhoewel 'n paar hekke moet oopgemaak word, behoort hierdie pad op elkeen se doen-lysie te wees - regtig besonders.  By die Gouritsrivier aangekom is daar eers sowat 100m se rivierklip om baas te raak, maar dis gelukkig redelik vasgery en geen insidente word genotuleer nie.

Na 'n blaaskans onder die doringbome is dit verder voort tot waar die pad naby die Rooibergpas weer aansluit by die "grootpad".  Af met die kort Assegaaibosch-pas, en net anderkant die Bosrivier draai ons links af, rigting Karee Kamma.  Daar verby gaan groet en ontmoet ons vir Frannarossi by sy huis met die ongelooflikste uitsig oor die Grootrivier.  Lekker gesels en gekuier waarna ons vir ChrisL groet wat huiswaarts keer via Muiskraal, en ek en Veldbrand ry in vanoggend se spore terug Ladismith toe.  Dankie ChrisL en Veldbrand, dit was besonder lekker, ons maak binnekort weer so.

Ladismith - Attakwaskloof - Robinsonpas - Paardebond - Ladismith = 275km (55km teer / 220km grond)
 

Attachments

  • Garage papwiel.jpg
    Garage papwiel.jpg
    128.6 KB · Views: 539
  • Veldbrand op Langeberg pad.jpg
    Veldbrand op Langeberg pad.jpg
    123.2 KB · Views: 534
  • Gouritsrivier.jpg
    Gouritsrivier.jpg
    179.9 KB · Views: 533
  • Brug oor Gouritsrivier.jpg
    Brug oor Gouritsrivier.jpg
    149.3 KB · Views: 535
  • Attakwaskloof begin.jpg
    Attakwaskloof begin.jpg
    148.7 KB · Views: 533
  • Attakwaskloof.jpg
    Attakwaskloof.jpg
    160.3 KB · Views: 524
  • ChrisL.jpg
    ChrisL.jpg
    168.1 KB · Views: 527
  • Afsak na Bonniedale.jpg
    Afsak na Bonniedale.jpg
    178.7 KB · Views: 529
  • Stofskoeters.jpg
    Stofskoeters.jpg
    214.5 KB · Views: 524
  • Van Wyksdorp & Bonniedale area.JPG
    Van Wyksdorp & Bonniedale area.JPG
    107 KB · Views: 545
Top