Runner to the rescue, again

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

SGB

Race Dog
Joined
Feb 4, 2006
Messages
3,157
Reaction score
11
Location
Bloemfontein, SA
Bike
BMW R1200GS
Some weeks back, I sent out an e-mail describing in telegram style the story of friend Herman's crash. 

"Net vir die wat dalk nie weet nie – Herman, daai nice ou van Zastron wat daar teen die Lesotho grens bly en ‘n blou 990 S ry het ‘n skaap raakgery in die begin van die week en sleg neergekom.  Die skaap het voor hom ingestap tussen sy plaas en Vanstadensrus – teen so 100 km/h.  Herman en die bike het ‘n paar keer ge-“cartwheel” en in die proses het hy so ses ribbes, sy blad been en gewrig gebreek.  Die eerste persoon op die toneel was ‘n Mosotho met ‘n perd.  Die perd word gery met geen toom of saal, net ‘n stuk baaltou deur die bek.  Herman vra toe die man mooi om die naaste boer te gaan haal, en groot was sy verbasing toe die kerel wat nie ‘n toom het nie ‘n selfoon uithaal en sommer die naaste boer bel.  Die vriendelike boer jaag toe vir Herman na Zastron se hospitaal toe met sy vinnigste diesel bakkie.  Daar aangekom het die dokter hom een kyk gegee en dadelik die mooiste / vinnigste Eurocopter uit Bloemfontein ontbied.  Herman is toe teen beste spoed Rosepark toe (hy het nie die vlug vreeslik geniet nie…..), waar hy 2 dae in die intensiewe sorg eenheid gespandeer het, en met gedreineerde long (af ribbes het ‘n paar gate in die long gesteek) en ‘n operasie op die gewrig later is hy nou buite gevaar.  Dit sal ‘n week of 2 vat voor hy weer ‘n 990 kan ry.  As als volgens plan verloop sal het seker vandag of more kan huistoe gaan om daar verder aan te sterk.

Die een ding wat uitstaan hier is dat Herman se kop en nek geen beserings het nie.  Sy Full Face UVEX helmet en Leatt brace het volgens Herman ‘n groot verskil gemaak.  Hy het die grond “face plant” styl getref met sy gesig eerste in die pad – die helmet is sleg beskadig en sy voorkop het ‘n paar klein merkies op waar die helmet “gedruk” het met impak.  Herman se dat hy met ‘n swaar hart die geld vir die helmet en brace betaal het, en nou is hy oortuig dat dit verseker ‘n groot verskil gemaak het aan die aard van sy beserings.
Dieselfde geld vir die duur baadjie en broek en boots.  Daar was niks bloed nie, behalwe dit was hy uitgehoes het agv die long skade.  Net ‘n blou kol hier en daar.  Voete, bene – geen skade.

Herman is positief, sy vrou Catherine glimlag en hy is op die herstel pad.  Ons gebede is met hom en sy gesin en hoop om hom vinnig weer op ‘n splinternuwe 990 in die kleur van sy keuse te sien.  Met ‘n nuwe duur full face helmet natuurlik…."


The good news is that the smile is back on Herman's face.  Part of the reason is that Runner offered him a new UVEX helmet at the best price in the world.  And he went through all the trouble to organize the couriers to get the crashed helmet to the improter for their analysis and the new helmet to Bfn.  All Herman now needs is a new bike.  Thanks Runner, great service once again!  :thumleft:
 
Top