SCHOEMANSRUS Shebeen Run Take 2 ...... 19 - 21 September 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MegaPix

Race Dog
Joined
Sep 27, 2013
Messages
3,462
Reaction score
799
Location
Highveld, CENTURION
Bike
Zero (all models)
Soos baie van julle al weet het ons hier in die Noorde besluit om ons eie tipe bash te hou.  In Februarie het ons die eerste keer die Shebeen Run gedoen en almal was reg vir 'n 2e trip.   https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=145877.0

So het die beplanning begin om die 2e een aan die gang te kry en na Hoendertjie met sy dart die 20e September raak gegooi het op die kalender het die reelings weer in alle angs begin.  Die keer mag ek nie geweet het van die roete en reelings nie en Hoendertjie en sy mamma het als self gereel.  Maar voor ek die storie begin moet ons eers so 'n week of 2 terug gaan.

Ek het GI Jane gekoop van SchalkL op Coligny en moes toe Pretoria toe om vir haar te gaan haal.  In daai tyd was Hoendertjie besig met aflewerings van hoender en hoendermis en daar loop staan en breek die ratkas en hulle kan nie verder nie.  Ek moes toe maar vir hulle my ou Mazda Rustler gee en ek besluit toe ek sal met Jane huistoe tot in Polokwane.  Nou is ek net met my bike in die dorp en het toe my bakkie nodig vir besigheid verlede week en ek sit af met Jane na die plaas.  Daar was nie tyd vir grondpad ry tot en met die laaste 12km nie, so Jane moes maar tevrede wees met die swart goed onder haar.  En ook geen RR nie.

Daar aangekom was Michelle (Hoendertjie se mamma) hard besig om die kampplek gereed te kry.  Ek spring toe maar in om te help, maar steeds kry ek geen info uit haar of hom uit nie.  Ek is toe weer fort met die bakkie en los toe maar vir Jane op die plaas.  Dus het ek nie 'n RR van my trip na die plaas toe op die run nie.  Ek sou toe maar plaas toe met die bakkie, maar is toe eers weer Pretoria toe en 'n vriendin gaan oplaai om darem vir Michelle te kan besig hou terwyl ons manne ry en suip.

So arriveer ons net na 15h30 op die plaas met geen HOND nog in sig nie.  Duidelik het hulle so lank as moontlik probeer om by die plaas uit te kom met al hulle pit stops.

Voor ek vergeet.  Terwyl Michelle haar afsloof sal Hoendertjie toe mos dit doen





Met al die kampplek reg kry het hulle besluit om die fasiliteite so bietjie op te knap en is daar sommer 'n kombuis gebou.  Die toilet is weer in plek gesit na die vloede van Maart en ook het die kampplek 'n shower en donkie vir warm water bygekry.

Die naam van die kombuis is - KOMBUIS BY DIE RIVIER







Die manne het gearriveer en dit was heerlik om 2 ou gesigte van die eerste run weer te sien.  JohnB (Michelle se neef) en Nicobie het so lekker gedrink die eerste keer hulle wou meer he.

Ons het kennis gemaak met Bloues (David), Heebs (Allister), A/T (Ampie), Dirk (non dog), en JD (non dog) wat eintlik vir Hoendertjie se dogter kom kuier het.  Ons was 8 bikers wat die volgende oggend met die son opkoms al in die pad wou val om die ontbyt en res van die dag aan die gang te kry.

Aand 1 is daar besluit ons gaan Eland potjie kry vir aandete.  Bl!ksem, maar daai vleis was so sag en sappig ons almal het dit oordoen so tussen die medisyne (bier) neem deur.

Geen krag op die plaas nie so dis die atmosfeer in die kombuis gewees







Hoendertjie (Tertius) besig om na die vuur te kyk.



Die oorspronklike reelin was dat ons voor 7 al in die pad wou val, maar die manne het so gespeel op pad plaas toe, dat almal eers brandstof wou kry vir die dag se rit.  Die brandstof mak by ons eers 8 uur oop , so om die tyd om te kry het ek maar tande geborsel met my medisyne en die ander manne het half rond gestaan en wag vir die tyd om om te gaan.  Omdat daar besluit was dat ons by 'n ander plek sou gaan ontbyt eet, was die wag so bietjie lank vir ons almal wat in die pad wou val.

Van Links na Regs op die foto

A/T, JohnB, Dirk en Heebs.  Bloues met sy geel hemp draai sy rug op die manne om een van sy kak Bloubul stickers seker te gaan soek  :pot:



Die manne raak toe maar lus vir koffie en Hoendertjie se tweeling spring aan die werk om koffie vir die manne te maak.  Xander is links en Divan regs op die foto.  Bloues reg om sy koffie te kry







My tent staan toe maar alleen in Tambotie Lane met al die ander wat Riverview verkies het vir hulle slaap plek.





A/T het besluit sy 3 jarige seun se tentjie sal hom pas en staan en pronk langs die groter tente om hom
https://i255.photobucket.com/albums/hh123/MegaPix_photos
/20140920_065857.jpg


Uiteindelik is die manne aangetrek en kan ons die pad na die petrol toe vat so 1.5km van die plaas.



Terwyl ons reg maak om op die bikes te kom het Yvonne (vriendin) besluit om almal by hulle bikes af te neem.

Bloues by die bike wat se waarde met duisende geval het met die Bloubul stickers daarop   :pot: :ricky: :pot:



Heebs by sy bike.



Nicobie, of Oompie soos ek hom gedoop het omdat die man in die jaar na ek gebore is in Matriek was en dit was in 1972.  Oud seg ek julle



Hoendertjie by my Big Boy Chinaman mistress.  Hy het nog nie 'n bike nie en was maar bangerig.  Dus het hy gevoel die 200cc is groot genoeg vir hom met sy kort beentjies en ry vernuf.



A/T by se kettingsaag



Ek (MegaPix) by GI Jane



JohnB by sy nuwe kopie



Dirk by die bike wat net omval vir niks  :imaposer:



Hier kom ons by Trompies aan.  Die Bottelstoor en vulstasie sommer baie naby aan die plaas.  Die manne het tou gestaan vir brandstof en die eienaar kon sy luck nie glo toe hy die eerste keer in sy besigheid se geskiedenis soveel kliente op een slag gehad het.  Hier staan Heebs en wag vir die tenk om vol te kom.  Heebs vertel ons nou wie moes vir daai petrol betaal?   :imaposer: :pot:  En hoekom ?   :lol8: :lol8:





Ons is toe almal reg vir die langpad en sommer vroeg jaag ons tot op 'n punt en moes vir Michelle, Yvonne en die kids wag wat as backup voertuig saam gery het.  Hulle het gesorg dat die medisyne reg sal wees vir ontbyt tyd.



Ons eerste stop was by die Holiday Inn waar ons toe ontbyt sou kry.





Hier kry ons toe al die eerste medisyne en neem sommer toe 'n groepfoto by die plek waar ons gaan eet.  Die mense van die B&B was so opgewonde om almal van ons te sien en wou net fotos van ons neem en saam met ons neem







Terwyl van ons nog buite besig was, het die klomp die eetkamer binne gestorm en plek gesoek om te kan sit.  Mens sou sweer hulle het die vorige aand laas geeet?



Xander deel die gebakte eier uit en Nicobie neem dit aan.  



Soos dit 'n goeie trou fotograaf betaam wat detail afneem vir die paartjie om te onthou, het ek besluit die bord kos het mos mooi detail.



Weens die feit dat die manne eers petrol wou ingooi het ons klaar laat begin hardloop en ons moes toe haastig daar weg om betyds te wees vir die belangrikste afspraak van die dag.  Ons is na die kliniek in Rugtesloot en met die aankoms daar het ons die gesien.  Hoendertjie sopas gestop as toergids.







2 broers by die banner



By die kliniek aangekom was daar trompoppies wat vir ons gewag het om vir ons 'n vertoning te gee.  Voor alles begin het, het Hoendertjie ook net weer sy slag met die drom gewys.  Iets wat hy in St5 in die skoolorkes laas gespeel het.  Johanna en haar man Sello is 2 mense in die gemeenskap wat dinge vir die kinders reel om hulle uit die strate te kry.  Hoendertjie het van die inisiatief gehoor en gevoel hy wil betrokke raak met die projek omdat al die mense in die gemeenskap ons kliente ook is wat hoender koop.





So het die jong meisies dan nou ook hulle eerste vertoning vir die Wild Dogs gegee.  Hier sit die honne reg om die vertoning te sien terwyl Johanna reg maak om die drom te moer.


Eerste was die kleintjies met hulle deel van die vertoning







En toe is dit die beurt van die groter klomp om almal te vermaak







Hoendertjie wou 'n spreekbeurt he... en in sy beste Brits gee hy toe 'n moerse speech... so kwaai dat sy ouboet amper in trane was - vol emosie  :imaposer:



Die gemeenskap luister aandagtig na hom, en hier gee hy dan ook 'n donasie aan die skool vir die kinders en ook 'n belofte dat vir elke hoender wat die gemeenskap van Rusgtesloot by hom koop, hy hulle R1 sal terug gee vir die projek.  Vinnig sien ek as finansiele persoon 'n idee.... lig die prys met R1 maar blykbaar het die ooms en tannies op die stoep net gelag vir daai kak comment.

Die sein is swak so ek gaan eers die opsit net om die nuuskierigheid te prikkel.  En 20000 karakters is die max vir een skryf verslag op 'n slag
 
Top