Sementpad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Swannie 685

Pack Dog
Joined
Aug 1, 2014
Messages
468
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
Ten spyte van die briewe wat ons gekry het, is daar nog nie eens begin om die sementpad tussen Oudtshoorn en Kallieklip te teer nie. Padwerke sou al Augustus begin het. :mad:

Vir diegene wat hierdie naweek Koedoeskloof Bash toe gaan en nie die pad so lekker ken nie,net die volgende wenke.:

Pasop vir die volgende:
1) Boere wat by versteekte ingange uitry sonder om links of regs te kyk.
2) Diere wat aangejaag word met die rooivlag beskermers slegs 3 tree voor en agter die diere.
3)Loslopende diere
4) Bly weg van die middelmannetjie waar die teer stukke van weg is - dis gewaarborg jou bike se voorwiel sal "vasgeknyp" word.
5) Die karspore ry die lekkerste - in die middel van die pad is dit te stamperig.
En laaste maar nie die minste nie--- oppas vir Harley Davidson`s. Hulle ry so +- 40km/h en kan jou dalk verras om `n draai.

Ek gee die wenke na aanleiding van `n motorfiets wat vanoggend met `n stink spoed op die pad gery het. Ek vind 80km/h is `n lekker spoed,maar as jy vinniger as 100km/h ry, mag jy dalk jou alie gouer sien as wat jy beplan het. :pot:

Veilig ry die naweek mense !!  :thumleft:

Ns: Ongelukkig is Jack Hammer se musiek nie in my smaak nie,anders het ek ook bash toe gegaan.

 
Top