Seweweekspoort & surroundings - 3 dogz

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

pitpaplo

Pack Dog
Joined
Jan 19, 2010
Messages
173
Reaction score
1
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1100GS
Thursday moring, bike packed and ready to go. Left PE en had a quick stop in J-bay to greet Dizzy Dolphins brother that come from CT. My tank leeg gemaak en van daar slaan ons die N2 en draai toe af op die Langkloof pad. Die wind was baie mislik en erg teen ons gewees.
Ons stop en maak vol in Joubertina. Dooie hel maar dis koud die tyd van die jaar onder in die langkloof. Ek wou graag iets warms in die maag kry en stel dit toe voor aan DD. Stop vir n omelete, koffie en hotchocolate. Voel baie beter en met die slaan ons die pad na Calitzdorp in die sterk wind waar ons S.W.O gekry het. Bikes vol gemaak en al met die N2 af tot by Seweweekspoort afdraai waar die groot pret begin.

Deur die poort en verby die gamkasdampoort afdraai, waar ons beplan om na terug te kom, tot by Op-die-Plaas. Fritz & Ronel was baie gaaf en wou net help waar hulle kon. Eerste aand het die temperatuur geval na die minus grade. Frits het vir DD n enkel bed matras gebring en n duk kombers.

Goeie Vrydag slaan ons die pad Hel toe en terug. Die pad is baie slegter van 2009 wat ek die Hel laas besoek het. SWO die Hel gaan wys. Ons was gou in en uit. Op pad terug van die swartberge af vat ons die kruisrivier afdraai om outshoorn uit te sny. Die son het begin sak en BM se ligte is nie van die beste nie. By seweweekspoort afdraai was dit al donker en die pas se draaie kruip onverwags op ons wat dit moeilik gemaak het. Elke nou en dan sien ek net n berg voor my. Ons het dit veilig gemaak tot by kamp maar ek het eers verby afdraai gevlieg. Dit was net na 8pm wat ons by kamp aan kom en wat n goeie verasing. Fritz en Ronel wag vir ons by ons tente. Hulle het ons plaas brood gebring en die vuur vir ons begin omdat hulle gesien het dat ons laat was. GREAT, want ek vrek al van die honger. In die hel het ons net n appel en droe vrugte geeet.

Saterdag oggend sleep ons uit na Ladysmith vir koffie en lipice. Ons lippe was uitgedroog van die konstante koue en wind. Paar pics gekry en weer terug na poort om gamkasdam te besoek. In die poort kry ons an rivier terwyl ons opsoek was vir plekkie om kos te maak. Daar speel ons vir n oomblik and kom toe af op n lieflike plekkie met n stroompie en koelte. Daar maak ons toe koffie en omte eet bulliebief met tamatiesmoor saam met pasta. Skoene en kouse was so te se al droog. Volgende afdraai was gamkasdampoort. Lekker gery tot by die pas na dam. Ek en SWO moes baie mooi met DD praat om self af te ry. Pad oppervlakte is los en redelik skerp afdraand en kan nogals scary like vir n learner. DD het baie goed gedoen en ons is al die pad af na die dam. Ongelooflik mooi toeneel wat voor ons le. Tyd spandeer en daarna net een pad uit en klim teen pas uit en kamp toe.

Sondag moes ons SWO groet maar nie voor die middag se kant nie. SWO het fiets gepak en daar vertrek ons uit kamp en poort na Calitzdorp. Fietse vol gemaak. Ons val toe die pad in na rooiberge en gamkaberge na Van Wyksdorp. Hier beleef ons toe die loste oppervlakte vir die hele naweek. Pas klim en af met sand in die skerp draaie. Hahahaha... paar keer uit gevang. Al drie van ons het amper n glipsie gehad in die sanderige draaie. Op die pad was daar niks koelte langs die pad nie of enige picnic plekkie nie. Die fietse moes toe n pad maak na n boom waar ons in koelte kom kos maak. Na middag ete en koffie ry ons nog n lang stof pad waar ons n oog beseering op doen. DD het net te veel stof in linker oog gekry. Ons het wat probeer om oog uit te spoel maar nie gehelp nie. Gelukkig het twee bikers van voor gestop wat van die Kaap is en ons gehelp met oogdruppels. Die oog het klaar te veel gehad en infeksie het ingetree. Moeilik gery tot by Van Wyksdorp. SWO gegroet en van daar het ek en DD pad rustig gevat tot by kamp in poort. Ronel het ons weer n lekker warm broodjie gemaak en na die braai het ons n vroee aand gehad.

Maandag het die kamera vir die laaste keer die naweek weer oortyd gewerk toe ons die poort verlaat. Die poort is toe met n wolk kombers. Pragtig en maak alles weer anders lyk. Dis asof die poort hardseer is dat ons gaan maar sal se dat ek wel nie wou terug stad toe nie. Calitzdorp ontbyt of brunch en bike in Outshoorn vol gemaak. Van daar reguit huis toe en die GS & Dakar het goed gedoen om 376km af te le om een tank.

Ek wil sommer gou weer terug gaan.

Dizzy Dolphin & SWO you welcome to load some of your pics!


Thanks for an AWESOME trip guys. Die trip en geselskap was lekker.
 
Top