Skop Stofies Op, 3 dae en 2 nagte Okt 2015.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Dit is tyd vir die langverwagte RR, ook amper n jaar gelede waar ek op die onvergeetlike trippie was na Kuduskloof (Veltie en sy Blom se plekkie).
Dit was middel (Jun/Jul) 2015 en het geweet dat ek na die laaste sitrus (Valencias/Deltas) gepluk sou wees ek n paar dae af kon neem om my kragte te herwin vir die spuit seisoen. Ek noem dit een want  jy spuit van Okt tot Feb en dan begin jy weer pluk van Mrt tot Sept.

So speel ek met n paar roetes die Karoo in en na n paar weke besef ek dat ek 2-3 jr laas op Kuduskloof was. Ok so wat nou, dus eenvoudig Diffy, PM vir Veltie die datums en hy se dus fyn pikkewyn. 
So onthou ek n stukkie pad op die kaart met die naam Rouxpos, eish mense dit is n besonderse stukkie pad en sal julle maar moet wag vir die kiekies.
So raak die maande weke en die weke dae en die dae ure voor ek sou wegtrek op die trippie. Jip een van my bucketlist items sou ook af getick word “Swartberg Pas” Psst ek was deur die Kammanasie ook), ek wou nog altyd daaroor al was dit met n motorcar maar min het ek geweet hoe dit sou wees op die rug van my 1150 (vark se naam Heidi) onvergeetlik.

Right so prep ek my bike en self vir die trippy, jy vat mos maar saam al gebruik jy dit dalk nie of eendag, julle ken mos die storie, op n vark as jy dit gelaai kry kan sy dit vat.

Die Donderdag oggend trek ek bietjie laat weg uit Kirkwood in die rigting van Steytlerville en slaan maar teer want ek moet op Kuduskloof kom om te oornag en die pad is wyd so ook die roete wat ek vir my uitgesit het. Met die uitry slag begin ek met my self praat, ontspan Diffy, fokus jy’s alleen en om nie kanse te vat. Die vars reuk van die natuur ryk sommer anders wanneer jy op vakansie is as wat jy by die werk sou wees en die onbekende wat voorle maak dit mens laat opgewonde (butterflies) voel. Die sukkie teer van Kirkwood tot anderkant Steytlerville was maar vining en effe verveelig (teerpad.

Kom ons gooi solank n paar kiekies.


 

Attachments

  • IMG_7624.JPG
    IMG_7624.JPG
    169.6 KB · Views: 391
  • IMG_7625.JPG
    IMG_7625.JPG
    179.8 KB · Views: 371
  • IMG_7627.JPG
    IMG_7627.JPG
    116.9 KB · Views: 345
Top