Solo deur die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse my mede Wille Honne

Vir ‘n baie lang ruk al het ek die begeerte gehad om ‘n solo biketrippie te kon ry. In 2008 het ek ‘n leap of faith geneem en vir my hierdie 1150 GSA aangeskaf. Ek was nog enkellopend op daai stasium en het altyd groot planne gehad.

Hierdie planne moes egter gefinansier word, en deur die feit dat ek ook in 2008(nie die maklikste van jare nie)  ‘n nuwe praktyk van die grond af moes probeer kry, het die finansies regtig by tye gekwel, en my baie onder druk gelaat. Dit was sederdien ‘n toets vir my geloof, maar ek het geweet, my solo trippie gaan kom en dit gaan ‘n goeie een wees. My kans vir kopskoonmaak op die langpad…..

Daar was reeds in 2010 planne om na die Mighty Men Conference te Greytown toe te kon gaan, die kaartjie was geboek, maar weereens was daar net ‘n maand voor die trip ‘n insinking in besigheid en ek moes hierdie planne uitstel. Einde 2010 was die lus vir langpad vat met slaapsakkie en tentjie agterop nou eers kwaai, maar steeds was dit noggie die regte tyd nie.

Menigte kere moes ek voor ‘n kruispad kom, verkoop ek nou die bike? Maar wat dan? Waar kry ek weer ‘n 1150 GSA? Hoe lank gaan dit vat voor ek weer een kan koop? Gaan ek nie nou te veel verloor nie, ek skuld heelwat minder as wat hy werd is, so dis ‘n goeie bate. Of nee, koop ‘n ou KLR vir grondpadtrips, en ‘n 1150 RT vir as vroulief wil saamry. Uhm, nee, wat van betaal vir Tobasco (die bike se naam)klaar en ry hom tot aan die einde van die wêreld, dis vroulief se eie raad, en ons stry mos nie graag met hulle nie. Al hierdie snert wonder mens net oor as die chips down is, eintlik saai jy jy net onmin binne jouself, en gee jy jou vrese kos.

Behalwe vir ‘n groot geloofstoets het twee Wild Dog lede se reise die rooimiere binne my aan die gang gehou, Chris L se trip oor die vleisfees laasjaar en Domstes se solo Namibia trip (al was dit op ‘n KTM). Dankie manne, julle is ‘n voorbeeld en ‘n inspirasie (al gaan julle nie die voorblad van Sarie haal nie).

Na ‘n bietjie vrae trotseer van my wonderlike meisie (bv. hoekom wil jy weggaan sonder my? ek verstaan dit nie!! ) het my geleentheid vroeg vanjaar aangebreek.  Aan die einde van Januarie word daar aangekondig dat die Mighty Men Conference Karoo op Middelburg gehou sou word.

So hier is twee vliee met een klap, ek kan gaan MMC hou, maar ek kan ook Karoo toe wetter, en soos vele van julle met my sal saamstem, die woord Karoo alleen is ‘n goeie verskoning vir ‘n biketrip.
 

Latest posts

Top