Solo na Knysna vir toer na Gamkaskloof met Bushlander Clan

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Nicobie

Race Dog
Joined
Mar 31, 2013
Messages
511
Reaction score
0
Location
Hekpoort, Gauteng
Bike
BMW F800GS
En so begin 'n lang storie uiteindelik.

My kollega gaan elke Desember na Knysna vir sy jaarlikse vakansie. Hy begin toe so 3 jaar terug met 'n familie motorfiets toer as begin van sy vakansie om die "stress" af te breek en dan vakansie te hou.

Die familie is nou homself, sy seun, 2 skoonseuns en sy broer met sy 2 laaities. Elkeen gewapen met 'n Honda Bushlander 200cc.

Elke jaar wanneer ons weer begin werk in Januarie, vertel hy my net van hulle ondervindinge. Onthou hulle het begin met geen ondervinding van sulke toere nie. Geen spares, geen ekstra petrol, maar darem behoorlik beplande roetes.

Hulle het begin deur van Victoria Wes na Knysna, daarna die Baviaans 2 keer gedoen (in verskillende rigtings) en vanjaar beplan om vanaf Knysna deur Prince Alfred pass, Swartbergpas, Gamkaskloof/Die hel, en Rooibergpass te doen - so 4 dae trip.

So gaan dit nou al vir 3 jaar en nooi hulle my om saam te gaan maar kon ek nie weens werk verpligtinge. Hierdie jaar sê ek toe - Kom wat wil ek gaan saam.

Enigste problem was dat hulle bikes nou al in Knysna permanent bly, en ek sou self daar moes kom. So dis hoe die solo deel van die trip toe begin waar ek met die 800 die pad aanvat.

Ek was baie optimisties met my beplanning, want wou sommer die eerste dag tot in Aberdeen ry - so 900km, en dan die tweede dag rustig die Prince Alfred pas aanvat na Knysna. So het dit egter nie heeltemal uitgewerk nie, maar laat ek maar die rr begin en die storie so deurlopend vertel.

Ek check net die laaste goedjies wat gepak moet word, neem maar voorsorg en pak tent, stretcher en alles in.



Groet die woef, iemand moet na ma kyk !


En dan is alles ok en ek bestyg die perd.





My vooruitsig - sommer die paadjie uit my "plasie/plotjie" in Hekpoort - Begin die adventure.



Na so uur se ry in Potch Wimpy vir breakfast. - My alma mater op die Bult





 
Top