Die Agterveld is n byna vergete gebied tussen Montagu en Touwsrivier.Dit bestaan uit renosterbosveld met min kommersiele boerdery.My pa het vroeer daar geboer maar vandag is Leeuwenboschfontein n vakansieplaas.Omdat ek daar grootgeword het,bly dit vir my lekker om n besoek af te le.
Dit was vandag n heerlike warm dag.Gewapen met kos en water ,is ek en my vrou laat-oggend Ouberg uit.Kort-kort gestop vir fotos en koffie.Aanvanklik die driffies versigtig benader,maar later nie meer omgegee vir n bietjie verkoeling nie.Op Leeuwenboschfontein gesels ons n paar woorde met Wessel en Betsie(die bestuurders)voor ons die piekniekboks verslind.Daarna deur die Koo terug na Montagu.Ons ry n bakdraaitjie deur Baden en verlustig ons aan die geure van die Klein-karoo.Vir almal wat nie so bevoorreg soos ons is ,sit ek n paar kiekies op.

Attachments
-
pad.jpg131.3 KB · Views: 230
-
naam.jpg143.6 KB · Views: 231
-
Matroosberg.jpg82.5 KB · Views: 231
-
Kraal.jpg141.6 KB · Views: 226
-
kleins.jpg170.4 KB · Views: 222
-
Keurtjies.jpg184.2 KB · Views: 224
-
Keisie.jpg158.8 KB · Views: 223
-
Dam 2.jpg176.6 KB · Views: 224
-
dam.jpg211.4 KB · Views: 218
-
Blomme.jpg232.2 KB · Views: 218