Speel in die modder verbrand amper my totter!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

cassiebotha

Race Dog
Joined
Nov 17, 2009
Messages
1,265
Reaction score
0
Location
George
Bike
Kawasaki KLX 400SR
Fotos moet deur Dirtcopper gelaai word (DC waar is jy!)

Soms kla ons oor te klein.....baie is wel goed getryn!  Maar baie baie verbrand mens'se totter as jy perongeluk totter punt in die wind teen die eksaus pyp leun!  maar dit vir later!

Wel soos ons amal reeds weet daar is 'n dorpie met die naam George!  Wel binne George is daar klomp verskillende kulture mense.  Daar is mense wat Oefen, daar is mense wat kuier, daar is mense die lewe baie moeilik maak vir ons en hulle is genaamd (DSVG) Die Spietkops Van George, en dan is daar mense wat praat met bome (as hulle klaar boom gerook het)  en dan is daar die Wild Dog's!

Wel omdat ons in so afgelee gehuggie bly, ongeveer 4950 KM van Kaapstad af en 12000Km van Joburg af is moet ons bymekaar kom vir 'n mini blits kuier en "as jy wil oornag" bash!  Die ongelooflike oom Frik het geboorte gegee aan Lonerunner.  Lonerunner met die ongelooflike GS 1150 bike met die ongelooflike personality wat Opera laat lyk soos Larry king!   Een oggend terwyl oom Frik die bokke melk kom hy op 'n briljante idee af!!  Die idee was om vir ons mense te wys op watter ongelooflike plek hy bly!  Later die week loop Durant (Berm Rooster) oom Frik raak by die Milky Lane en oom Frik vertel Durant van die ongelooflike ding wat hom oorgekom het terwyl hy die bokke gemelk het!  Hy het sy visioen aan Durant ge openbaar.  Berm Rooster het toe dadelik uit die milky lane uitgehardloop en op die vespa gespring en deur die strate van Mosselbaai gejaag om die goeie visioen op die forum te plaas..  
 
Top