Suzuki by Nampo. Loop ek 'n bloutjie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JacquesM

Race Dog
Joined
Jan 20, 2007
Messages
2,184
Reaction score
176
Location
Robertson
Bike
Yamaha TW200
Dinsdag draai ek by Nampo.

By Suzuki se uitstalling is ook 'n paar skoeters (soos in regte skoeters) van Sym. Hulle voer hulle mos in. Is daar onder andere 'n GTS300 Evo met 5700km op - 'n demo. Ook die nuwe Citycom300 - volgens hulle man aan diens ook 'n demo.

Die GTS300 het 'n prys op van iets soos R37800 aan die voorkant en op die handvatsel 'n bordjie wat sê: "Ex Demo: R21500."

Die Citycom se prys voorop sê R33499. Nog 'n bordjie sê: "Ex Demo: R21500". Ek vra hoekom so billik. Nee, dis omdat hy reeds geregistreer is, al het hy nog nie enige kilometers op die klok nie. Ek besluit dat ek hom graag sal aanskaf. Die man neem genoeg besonderhede, en of hy of die streeksbestuurder sal my Woensdag bel om betaling te finaliseer. Eintlik wil hy hê dat ek die skoeter na die skou by Nampo sal kom oplaai. Ek sê ek sal so doen, alhoewel ek sou verkies dat hulle hom Johannesburg toe neem en ek hom daar kry.

Woensdag en Donderdag kom en gaan en ek hoor van hulle niks.

Vandag ry ek die 300km Bothaville toe om dan maar self die skoetertjie te gaan oplaai. Ek haal die Kombi se sitte uit en neem genoeg goete saam om hom veilig vas te maak. Ek sal sommer daar betaal.

Nee meneer, dit werk bietjie anders. Die grootbaas was Woensdag hier en het gesê dat die Citycom nie te koop is nie. Hy het ook die prys van die GTS opgeskuif (en op die bordjie verander) na R26500. Ons het jou gebel maar jou nie in die hande gekry nie, seg hy ietwat onseker van homself. 

Ek het 'n dag gemors, 600km verniet gery, R70 ingaangeld betaal en is uiteraard nie die gelukkigste oukie na my plesierige koop-ervaring nie.

Mens wonder of jy hulle iets kan aandoen?.



 
Top