Swak diens by motorrad agentskap...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

whitefish

Race Dog
Joined
Aug 19, 2009
Messages
2,614
Reaction score
0
Location
Vredendal
Bike
KTM 990 Adventure
Ek wil net weet wie het al patetiese diens (ons het n ander woord in Namakwaland) by n handelaar ontvang en of ek die enigste aap is :xxbah: My vrou het vir my n BMW baadjie gekoop vir my bday mid augustus, baadjie pas toe nie (ja te klein) en hulle sal vir my een order en dit sal 3 weke neem om te arriveer. Na 3 weke bel ek hulle ( Ek bly 300km ver) en hulle lig my in  dat dit nou nog 2 maande sal neem om op te daag by hulle, toe strip my dinges en ek bel die eienaar! Goeie nuus, dit sal eweskielik net n week vat om te kom en ek is uit my nate uit! Bel voor ek afry Kaap se kant toe en die dame laat my verstaan, ..." ja meneer, hier sien ek hom..." Ek gaan die Saterdag na die shop en niemand weet iets vd baadjie af nie maar wag die ander dametjie is af die naweek en hulle bel haar gou. Ja sy weet vd baadjie en weet PRESIES waar hy is in die shop maar kan nie verduidelik waar hy rondle oor die foon nie. Die dame aan diens gaan soek weer en bel weer haar kolega, sy se sy bel my Maandag (04/10/2010) eerste ding en sal die baadjie vir my pos of koerier op haar omkostes! Ek stem toe maar langgesig in. Wel dit is nou Woensdag middag en wag nogsteeds vir my oproep en my bday prezzie!!! Sal ek maar v handelaar verander of is almal dieselfde?? Ek is nou al taamlik k@tserig vir hulle so ek sal maar moreognd weer probeer bel en kyk wat dop uit! Hou julle op hoogte :thumleft:
 
Top