Tankwa bly maar mooi!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ek + vrou en Fixer het Saterdag oggend op ons ysterperde geklim vir 'n lekker rustige oornag trippie na die Tankwa karoo toe. Ons het Op-Die-Berg brandstof in gegooi aangesien ons besef het dis ver wat ons wil ry voor ons weer brandstof sal kan kry. By die murasies in Katbakkies het ons eers ontspan en van die gewig verplaas uit die topbox na die maagies. Van daar is ons na die nuwe bekende Tankwa Padstal waar ons twee ander BM's aangetref het hulle het die oggend uit Kaapstad gery om hier gratis koffie te kom drink. Hulle is net na ons aankoms weer terug. Terwyl ons nog daar vertoef het het daar 'n 1150 opgedaar en die arme man se longe het omtrent hande geklap aangesien hy met 3 sigarette uit Calvinia weg is en toe val sy topbox af en sy twee vriende wat saam met hom gery het het vir hom gehelp om dit weer vas te maak met 'm net wat hulle by hulle gehad het. So 10 km voor die Tangwa padstal het hy toe 'n pap agterband en nie een van hulle het iets by hulle nie.

Kan jy glo hulle los hulle vriend net daar en ry aan Worcester toe. Hy se hy het gestap na 'n plaas toe, maar gelukkig het 'n boer hom op gelaai en gehelp, want die plaas waarheen hy gestap het is daar elk geval niemand op nie. Die vriende het net by die padstal vir hom 'n boodskap gelos dat hulle aanstoot Worcester toe en dat hulle hom daar sal kry. ( Ek hoop nie ek ry ooit eendag saam met sulke vriende nie )

Na ons lekker gesels het en koffie geniet het, het ons gegroet en is ons genooi om die Sondag die rugby saam te kom luister op die "BIC SPEAKER", maar ons roete sou nie weer daar verby kom nie. Ons is daar weg na Butch se plaas waar ons die aand sou oornag. Daar aangekom het ons begin ontspan en voor ons te sleg geraak het is ons af rivier toe om hout te gaan haal vir die aand se kampvuur. Moet se daai 1200GS sleep nogal maklik so twee bome op 'n slag. Jy moet hom net genoeg gas gee dat die punte nie vasteek nie.

Die Sondag oggend het ons na 'n heerlikke laat brekvis van wors eiers en spek weer die pad gevat in die rigting van Sutherland en toe met die pad terug Ceres toe. Hierlangs was die veld onsettend mooi aangesien die vlakte se blomme reeds af is was dit hierlangs nog baie mooi. By die bekende bos-skerm het ons eers 'n bier gedrink en het ons weer die pad rustig aangedurf. Ons moes dit maar ustig vat aangesien ons nog ver moes ry voor ons brandstof kan kry. Ek het so 8km voor Ceres gaan staan sonder brandstof en Fixer het toe aan gery en vir my brandstof terug gebring. Ek was swaarder gelaai as hy en ons was twee persone op die bike. (seker ook omdat ek twee keer moes ry om hout aan te sleep)

Jip dit was persies wat die Dr ge-order het lekker ontspanne in die veld. 

1ste foto is tussen Tulbach-weg en Wolseley (Waterval pad)
2de foto is by ons bestemming vir die nag.
 

Attachments

  • t1.jpg
    t1.jpg
    237.5 KB · Views: 264
  • t2.jpg
    t2.jpg
    173.8 KB · Views: 263
  • t3.jpg
    t3.jpg
    170.7 KB · Views: 262
Top