Thabazimbi Road Report

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

BladeOne

Pack Dog
Joined
Jun 7, 2012
Messages
71
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
KTM 1190 Adventure
Hierdie RR begin so bietjie voor die naweek se ry. Ek (Jacques - BladeOne) en Groenie (Gix) en Gerhard (GSJeri) het nogal 'n ruk gevat om agter te kom ons werk eintlik saam, al is dit in verskillende afdelings. Maar na die ontmoeting het die planne vinnig in plek geval vir 'n ride (my 1e ride). Ek ry nog nie lank nie so was nogal nervous, en hierdie manne ry al lank en ken van. Na 'n dorserige beplanning sessie waar ek vir Francois (Vagabond) ontmoet het en roete beplan het is ons toe reg. Die roete waarop besluit is is toe: Saterdag 7 uur weg by KLR Central, brekkie by Wimpy annerkant Harties, kanaal pad tot by Beeste kraal vir lunch, grondpad tot by Rooiberg vir ‘n bier, en eindig in Thabazimbi waar ons by Die Oasis uitpass.
My 1e klein watercrossing:




Langs die pad het ons Corrie Sanders se neef raakgedrink en hy't eers 'n koue enetjie geniet:



Op pad is daar maar gereeld gestop as gevolg van die hitte:








Daar is natuurlik 'n paar keer by kroegies ook gestop maar die fotos is bietjie skraal. Lunch by Beestekraal was lekker maar blykbaar is die burger patties nie meer wat dit was nie. By een van die stoppe op 'n kort stukkie teer is GSJeri bledie amper deur 'n dronk volkie omgery, en toe hy hom laat weet wat hy daarvan dink toe raak die man opstropelis. Dit was hittete of daar was appels geswaai. Ons het toe maar 'n kalmeer stoppie gemaak so entjie daarna. Ons het toe darem veilig by Thaba aangekom en ingebook en 'n koue bier gedrink. Basies maar dis al wat mens nodig het, jy val mos net om en slaap:



Ons wou nog die 2e helfte van die Bokke game kyk maar het eers 'n dringender probleem gehad - ons moet drank vir die aand koop. Ons het rondgevra maar elke plek was al toe. Naderhand is ons toe maar na 'n kroegie toe om die laaste paar minute van die game te kyk en hulle miskien te oorreed om ons uit te help. Dis toe dat die barmhartige samaritaan daar verbyloop (of soos Vagabond hom noem: Thabazimiritaan). Vagabond ry toe agter hom aan na die laaste hoop, maar die is ook toe al toe. Hy pak toe vir ons 'n cooler met 1L Riekie Louw, 2 x 2L Coke, baie bier, ys, en 'n pakkie Chesterfield. Was 'n paar rand maar verseker beter as die droee alternatief. Intussentyd het ons die fort by die kroeg gehou. Toe ons daar blinkerig wou ry toe wou my bike nie start nie. Ons het alles probeer maar niks. Toe kom een van die ouens uit die kroeg uit, flip my kill-switch en start my bike vir my. Ek vat hierdie een op die ken maar wil noem dat "ons" alles probeer het... Lees maar tussen die lyne met daai ene...
Ons toe terug kamp plek toe waar Groenie sy beroemde brood vir ons gebak het:



Die miere het dit baie geniet...

Daar is baie kak gepraat en gekuier:





Groenie kon naderhand nie meer al die kak wat ons praat handle nie en het gaan slaap. Ouderdom is 'n bitch...



Volgende oggend na 'n lekker Dros brekkie is ons toe weg daar deur Rankins pass. Dit was baie winderig gewees en dit het nogal gepla..



Toe begin my nagmerrie. Ek het te vinnig in sand in gery en maak toe die amateur fout om my hand van die petrol af te haal en begin toe soos 'n pofadder daar heen en weer gly. Ek weet nou nog nie hoe is ek daar deur nie maar het gebewe en gesweet daarna van die adrenalien. Die res van die trip was in my kop erg (Malibu ek sien jou die 1e Des by ADA vir training). Die hoogtepunt van die dag was egter toe ek en Vagabond om 'n draai kom toe vang beweging my regter oog. Toe hardloop so 5 groot Koedoes langs die draad. Ek moes toe briek want ek sien hulle mik mik so. Hulle is toe bo oor die draad en so 5 meter voor ons oor die pad. Sal dit vir lank onthou... Gelukkig ry ons toe vir Jules van Riders Retreat raak en ons stop toe by 'n baie lekker kroegie. Het my kop kans gegee om bietjie te relax:







Van daar af is ons toe op die teer Warmbad toe waar Groenie toe 'n pap wiel kry. Die wiel is toe ge-goo en het dit met baie liefde terug Pretoria toe gemaak. Vir 'n 1e ride was dit absoluut bef@k en ek moet weereens dankie se aan die ouens, ek is gehook...
 
Top