The Scorpion Rally uncut version - Myself, Habba Habba en Pienk Muis se trippie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DeonDj

Race Dog
Joined
Dec 31, 2007
Messages
1,534
Reaction score
0
Location
Eastern Free State
Bike
BMW F800GS
Daar was ons toe, Pienk Muis (Milkybar) :pot:, Habba Habba en myselfwers DeonDj oppad na die Scorpion Rally in Beaufort Wes, ek het soos beesmis Vrydag 5 h20 in die pad geval, vanaf Bethlehem oor Senekal, Henneman na Hoopstad om my twee mede avontuur ridders te kry, eers het ekke lekker koud gekry oppad soontoe, die 800tjie was gelaai en ek het maar mooi gery.
Aangekom by Pienk Muis se huis het hulle eers hulle getroue 1100 BMW gelaai, en ek meen laai, daar was ‘n palace >:D van ‘n tent op, arme PM moes maar inwurm op die agter sitplek, Habba is ‘n man wat daai bike se wiele kan laat sing, oor die 130 000 op die bike se clock en hy het al die pad ge laat waai met hom, dis nou ‘n Madala van die bikes.
Nou ja laat ek begin met die peectares, daar was een groot gees gewees by die rally, al was daar min mense het die Wilddogs weereens terug gekeer en hulle ou vriende kom opsoek, Piet Pille :thumleft:, Deon Barman, die effens benewelde barman met die blonde vrou (Deon se broeder wat innie boot geboender is deur sekere Wd lede  >:D laat aand of was dit vroegoggend?), Deon se vriendelike vroutjie (barladytjie), Pierre en Griselda, en vele meer, o en natuurlik Buurman sonder Buurvrou wat laataand sy Suzy beskadig het in ‘n spectacular burnout, nee daar was net te veel biepse om van te skinder.Kyk as ons vat dan vat ons nie die mense na die dansbaan nie, ons vat sommer agter die bar, die eerste aand tot innie oggend was die manne agter die bar woelig e... sorry doenig, e ... jammer besig om te praat, daar was ‘n staats aanklaer, ‘n geskeide sangeres :mwink:, nogal blond, ‘n barbier, ‘n apteker, ‘n hofnar, nee sorry hof polisie beampte, die Miss Scorpion, ek kan eintlik nie onthou hoekom ons agter die bar was nie, o nou val dit my by, dit het gereen en ons wou nie natreen nie.
Al het dit gereen was die manne wild, party het oop diesels geloop, van hulle was op tafels, het so bietjie ge paal dans en natuurlik het die WD’s aan die Mnr Scorpion en die bier drink kompetisie deelgeneem, daar was egter ge diskrimineer teen ons in die Mnr storie, Oom Foerie moes dit gevat het soos hy probeer het, my foto’s sal vanselwers spreek.
Oppad na Hoopstad, hel son kom net op my gat vries af...
ScorpionRally008.jpg

800 gelaai
ScorpionRally009.jpg

By Kimberley het ons drie 'n groot gat gehad in onse mae, lekker ete genuttig by die Spur maar eers moes ek Pienk Muis se "helmet kop" afneem, lyk soos 'n Kim Wilde toe sy daai helmet afhaal, ..Haba kan maar net lag en vinnig sy hoed opsit sodat ek nie sy kapsel kon afneem nie, het jou katvis.....
ScorpionRally011.jpg

Ons bikes, toe is dit al lekker warm en ek moes lae klere uittrek om koeler te kry
ScorpionRally010.jpg



 
Top