Think Bike veldtog

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

pieman

Pack Dog
Joined
Jul 1, 2010
Messages
311
Reaction score
0
Location
Boksburra
Bike
BMW R1200GS
Ek dink daar is baie gevoelens en denke oor die TB veldtog.  Ek het in 2008 aangesluit, net nadat een van die dryfvere agter die veldtog oorlede is.  Bucc het 'n leemte gelaat ja, maar die veldtog het tog sterker geword.  Blackie was aan die stuur, met toegewyde mense wat dinge gedryf het.  Almal het seker die TB Marshals aan die werk gesien (ja, ek was ook een lank terug).  Die veldtog het gegroei, met stampe en stote soos altyd, maar hy het gegroei!  Verlede jaar het TB geregistreer as 'n Artikel 21 maatskappy.  Direkteure is aangestel, en die lede op die grond se sê oor wat waar gebeur is DRASTIES ingekort en verminder.  Die direkteure "stuur" nou die veldtog in 'n rigting, en die lede kan kla maar slegs een maal 'n jaar stem.

Ek het egter begin ondervind dat die veldtog al hoe minder oor die "biker" gaan.  Ek mag verkeerd wees, en die TB se sensor brigade  sal seker baie vinnig hier wees om my aan vlarde te ruk oor my denke, maar TB het die pad byster geraak.  Ek en 'n vriend het vanoggend 'n lekker gesprek gehad, en al hoe meer bikers begin dink aan 'n nuwe veldtog vir biker veiligheid!  Hoekom?  Want TB se nuwe bestuur span en baie van die lede het, volgens ons 2, vergeet waaroor Think Bike gaan.  Die man/vrou/patch draer/skolier op die bike!

Wat vir my ook bitter opvallend is, is dat die "people in the know" baie aanvallig geraak het oor Think Bike.  Geen kritiek word GEDULD nie.  Neem as voorbeeld die lede aansoek.  Die databasis met betaalde lede het gebreek.  Dit is nou al maande (seker nader aan 'n jaar) en steeds word die belofte gemaak dat die databasis "nearly there" is.  Dit is dus baie moeilik om akurate terugvoer aan te vra oor iets so basies soos lede getalle.  Lees mens egter die vrae na lede getalle of die lede pakkies, kry meeste vraers 'n goeie uitkak.  'n Verdere voorbeeld is vrae oor die bestuur van die veldtog.  Gaan lees jy hierdie threads kan jy duidelik sien dat mense wat ongemaklik vrae vra baie vinnig aangeval word, in plaas van om die vraer te antwoord!

En so kan 'n mens aangaan.  Probleme word of weg baklei, of die thread word gehijack.  Baie lede is vinnig om te se dat TB nie in die TB Forum gesetel is nie.  Maar waar kry enige voornemende belangstellende sy/haar eerste inligting?  Op die forum!  Ten tweede word daar vinnig gevra wat jy onlangs vir die veldtog gedoen het.  Jou lede geld en gesprekke wat jy oor veiligheid en ATGATT met Koos of San het is net nie goed genoeg nie!

As huidige/voornemende "aandeelhouer" laat dit mens wonder of TB die pad heeltemal beister geraak het.  Soos ek reeds genoem het is daar nou mense wat nuwe veldtogte (eish, dit lyk nie reg nie) wil begin.  Sal dit werk?  Gaan dit nie die "boodskap" van verdraagsaamheid en mededeelsaamheid op die pad tot so 'n mate verdun dat dit soos 'n koppie koffie, sonder die koffie, raak nie?  Of nog erger, dat meeste padgebruikers die tipe veldtog as net nog "white noise" sal sien en die biker daar buite die veldtog net as 'n geldmaak aksie en polisierings veldtog sien?  En dan, hoe benader 'n mens so 'n "toe" bestuur om die veldtog weer terug te kry na sy "roots", ek en jy, die man en vrou op die bike?
 
Top