Toer na Nerens (video klips bygevoeg onderaan)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

johang

Race Dog
Joined
Apr 18, 2008
Messages
541
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
KTM 990 Adventure
Nota:  Van die fotos met selfoon geneem en anders “screenprints” van video af

Dit is nou al ‘n wyle dat ek kyk vir ‘n geleentheid soek om drie dae af te kry en net bietjie te kan gaan ry (op my eie).  Waarheen ek gaan maak nie saak nie.

Selfs nadat ek Woensdag klaar gepak het, het ek nog nie sekerheid gehad oor watter rigting ek gaan ingaan nie.  Die opsies was gaan Wes na Mafikeng en dan Noord Phalaborwa of Wes na Mafikeng en dan Suid na Van Zylzrus of anders Oos na Drakensberge.


DAG 1:  WOENSDAG

Is so 13:00 Woensdag-middag weg.  Gaan algemene rigting Oos; Drakensberge, Oos Vrystaat, Suid Vrystaat, Noord Kaap, Oos Mpumalanga alles nog op die kaart.  Stop in Naaaaigel vir koeldrank en dit is hier waar ek finaal besluit, dit sal die Drakensberge wees vir eers…

IMG-20130320-00151_zpsbb0bc85b.jpg


Route_1_zps04296736.jpg


Op die einde van die dag het die Drakensberge gewen en stop oor vir so versappering by Kestell en daarna oor na Golden Gate waar ek oorgeslaap het.

Net voor kampterrein by Golden Gate, stop en neem so paar kiekies

IMG-20130320-00152_zpsf0254fb9.jpg


IMG-20130320-00153_zps4e399723.jpg


IMG-20130320-00154_zps7cec812f.jpg


Het nie kos gekoop nie, so spring maar in die noodvoorraad in.  Ry altyd Bully Beef en Kompressie pitte saam…

IMG-20130320-00155_zps353993ab.jpg


IMG-20130321-00156_zps685b6772.jpg


Mense is soveel meer hulpvaardiger and gasvry as jy alleen ry….  Dit is wat alleen ry so lekker maak!

Na ‘n koelerige aand is die volgende oggend so mooi, vertoef eers, loop rond en neem fotos.

IMG-20130321-00157_zpsd3c1d83d.jpg


IMG-20130321-00158_zpsc69cc8e7.jpg


IMG-20130321-00159_zps7f9b5f09.jpg


IMG-20130321-00160_zps12ba443f.jpg



Dit is wat gebeur as jy nie in die aand opruim en jou goed in die asblik gooi voor jy in die bed spring en gaan speel nie…. 

IMG-20130321-00162_zps03476176.jpg




DAG 2: DONDERDAG

Doel vir die dag:  “Vind ‘n versteekte roete van Qwa Qwa suid van die Sterkfontein Dam na Bergville.  Vat die kort-pad deur Golden Gate na Montsanantsa Grenspos, maar draai weg in Phudiditjaba net voor grenspos.

Sien die rooi roetes wes van Sterkfontein Dam

Route_2_zps21da9686.jpg


My lekker toerfiets

IMG-20130321-00165_zps88024088.jpg


Sien soveel diere in die stukkie roete, wow…

IMG-20130321-00166_zps1de365d4.jpg


Die paadjie is lekker en ek geniet die roete sommer baie…  Die swaar sykant tassies maak nie juis die werk baie makliker nie…

IMG-20130321-00167_zpse9fa6a6b.jpg


GG_1_zps647d8894.jpg


GG_2_zps871c3e77.jpg


Kan die Sterkfontein Dam sien, nou net ‘n roete in die algemene rigting oos en dan noord iewers.  Kom ons kyk watse paaie kry ons…

Kan die dam in die verte sien

IMG-20130321-00168_zps2844a3f7.jpg


Mooi paaie raak later bietjie meer nie so mooi nie, maar lekker.  Moet hier en daar spoorsny waar daar lank laas karre gery het.

IMG-20130321-00169_zps83659d3f.jpg


QQ_1_zpsdb8b3dce.jpg


QQ2_zps3048e759.jpg


QQ3_zps45e55243.jpg


QQ4_zpsd7202b3d.jpg


QQ5_zps89e3d6a1.jpg


En dan wil die pad nie meer nie.  Die enigste manier is af teen die “passie” of om draai en 30 km terug, GEEN MANIER NIE.

Klim af en gaan soek pad.  Vat fiets vorentoe tot by ergste gedeelte.  Haal die toer sytasse af en dra na onder.  Kom terug en bou pad.  Daai koppelaar loop die fiets oefening, dit werk baie goed hier saam met die koppelaar as agterbriek by moeilike plekke.  Wil nie die fiets laat seer kry nie anders gaan ek moet stap en ek hou te veel van ry.  So gaan ons stukkie vir stukkie af.  Onder gekom sit die toer sytasse weer terug en soek verder pad af teen die berg tot terug naby Witsieshoek.

IMG-20130321-00170_zpsd150c876.jpg


Kry weer pad en laat waai

QQ6_zps2b5d4745.jpg


QQ7_zpsab43fb91.jpg


QQ8_zpsd80ac7b5.jpg


Dit is darem ‘n lekker motofiets die 

QQ9_zpsf92c33a5.jpg


In die dorp terug en dit is tyd vir middagete “local style”

IMG-20130321-00171_zps2da4a101.jpg


IMG-20130321-00172_zps804fb247.jpg


Na middagete is dit toe maar om Sterkfontein Dam na Berville se rigting.  Kon nie roete om ry nie.  

Op pad stop by Piet Retief pas en die standbeeld van Johanna Smit

IMG-20130321-00173_zpsa174a520.jpg


En daarna Piet Retief Klip..

IMG-20130321-00174_zpse92da143.jpg


IMG-20130321-00175_zps0b6045a6.jpg


IMG-20130321-00176_zpsc5964b94.jpg


Ry daarna verder na Bergville en gooi petrol in in Bergville.  Besluit daarna om na Memel se rigting te gaan en daarna meskien Sabie toe die volgende dag.  Op pad daai kant toe sien ek bord Geluksburg en dit klink interresant en draai toe af.

Soek slaapplek in Geluksburg en laaitie op sy 125cc Honda XR sien my en vra of ek na “Wilddogs” soek.  Ek se sommer ja en hy vat my na ‘n kampplek waar ek paar manne and ‘n mannin raak loop op pad na KZN Bash toe.  Ons kuier lekker die aand.



DAG DRIE:  VRYDAG

Die volgende dag maak Schalk lekker ontbyt so met die musiek saam.

IMG-20130321-00177_zpse1f443c1.jpg


Die Fire Bucket help die klank so bietjie aan, ou army trick

IMG-20130322-00179_zps3f9ba873.jpg


Ons sekuriteitswag vir die aand, lyk maar verveeld

IMG-20130322-00181_zpsbc464813.jpg


Ek besluit toe oms saam met die groep na Underberg te ry.  By Bergville besluit ek, ek het nie genoeg van Drakensberge gesien nie.  Groet toe.

Gaan soek toe na Crystal Springs Waterval maar daar is groot heining om en ek kom nie verder nie.  Soek toe maar kort pad Harrysmith toe.  Kry baie lekker roete..

IMG-20130322-00182_zpse2aafad2.jpg


IMG-20130322-00183_zps0cf3131a.jpg


Met baie mooi uitsigte op die pad..

IMG-20130322-00183_zps0cf3131a.jpg


IMG-20130322-00185_zps9f186b19.jpg


Eindig in Swinburne op en gaan kyk na klippe…

IMG-20130322-00188_zps8f77b2b7.jpg


IMG-20130322-00194_zps5bd0e28b.jpg


IMG-20130322-00191_zps4777bae9.jpg


Ek kan loop ook van tyd tot tyd as ek lus het

IMG-20130322-00193_zpsb9703fca.jpg


Eet middagete by Swinburne en beplan nuwe roete.  Hmm, noorde kant van N3 klink mooi.  Sit koordinate in van padkruising en ry maar…

Op pad kry ek die lekker tonneltjie, nat en donker… Na die sonlig sukkel die oe om in die donker te sien..

IMG-20130322-00198_zpsc3e2ec93.jpg


Van daar af verder terug na Clarens…

IMG-20130322-00199_zpsb783336b.jpg


IMG-20130322-00201_zps1cd41a82.jpg


Slaap oor by vriende in Clarens.



DAG VIER:  SATERDAG

Baie mooi oggend.

IMG-20130323-00202_zps464e7a45.jpg


Pak op pad en vat pad na Parys…

Slaan so paar klippe op pad na Heilbron en dit is die effek.

IMG-20130323-00206_zpsf380d337.jpg


IMG-20130323-00205_zps63412e50.jpg


En voor jy vra, my banddruk voor is omtrent altyd 2.4 bar en agter 2,8 bar.  So bande nie te sag nie, meskien bietjie te vinnig of kyk te veel rond. Feit, sal geld kos, maar vir eers regbuig tot daar baie meer is.

Baie padwerke op die pad.

IMG-20130323-00203_zpsc8f2e5a6.jpg


Verander plan op pad na Parys en besluit om my swaar se seun se troue te gaan bywoon - pligsgetrou

Na amper 7000km lyk my agterband nog of die nog so ekstra 1000km kan doen.  Watter bande is die; Golden Tyre, maar dit het nie veel met die bande te doen nie.  Ek ry maar net stadig en mooi sodat my bande kan hou…

IMG-20130323-00204_zps364acfb5.jpg



OPSOMMING

Dit was nou so lekker om weg te breek en een van my roetes vir die jaar af te merk op my lysie.  

So paar waarhede:
  • Vat net die pad.
    Moet nie te veel beplan nie want dan kan minder van plan af gaan.
    Bespreek niks, jy sal altyd blyplek kry.
    Ry altyd kos en water saam
    Mense hanteer jou anders as jy alleen is, jy sal goeie gasvryheid geniet.
    Moe
nie te veel risiko beplanning doen nie, jy weet nie wat gaan gebeur nie en sal ok wees as dit gebeur, solank jy die risikos wil vat.

Gaan groot of gaan huis toe..  Elkeen besluit vir hom of haarself wat “gaan groo” beteken, dit is jou rit, geniet dit!!!

VIDEO KLIP

Deel 1

[flash=400,280]https://www.youtube.com/v/Hy160xBtLtI&feature=player_embedded[/flash]


Deel 2

[flash=400,280]https://www.youtube.com/v/ee__ZS-TGGQ&feature=player_embedded[/flash]


Deel 3

[flash=400,280]https://www.youtube.com/v/NswPsp8ulGA&feature=player_embedded[/flash]


 
Top