Tweewielers is koning in Barcelona - my beskeie indrukke

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Doringboom

Race Dog
Joined
Sep 14, 2006
Messages
610
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Suzuki DL 1000 V-Strom
Hola :biggrin: Ek het pas teruggekeer van 'n 15-dag lange rondboemel en leeglê in Barcelona :glasses1: Barcelona is glo, naas Rome, die Europese stad met die hoogste persentasie scooter- en motorfietsryers onder die inwonertal (aldus die toergids op 'n halfdag toer waarop ek was).

Ek was verstom deur die derduisende tweewielers (hoofsaaklik scooters) wat langs die strate en stege geparkeer staan, asook die derduisende wat konstant in alle rigtings ry en jaag :eek: Omtrent geen ryer steur hom/haar egter aan enige noemenswaardige ATGATT van 'n aard. Net so af-en-toe sal 'n mens dalk 'n helderkleurige glimvest of 'n dikkerig baadjie of iets sien. Kantoor-menere en van die mooiste poppies en mammas - baie geklee in deftige pakke klere en boetiek uitrustings - is heel gemaklik op die rug van 'n tweewieler in die druk verkeer :ricky:

Hoewel DS motorfietse ver in die minderheid is, het ek nog steeds 'n besige tyd gehad om die Spanjaarde se rygoed 'n bietjie deur te kyk. Naas die bekende fabrikate en modelle vir ons hier in SA, het ek die volgende rygoed gesien wat vir my aan die vreemde kant was :scratch: [Dalk is ek verkeerd (?) Wat sê die eksperts?]

1. 'n Baba Varadero;
2. 'n V-Strom vermom as 'n Kawasaki (of is dit vice versa?); en
3. Suzuki se weergawe van die Yammie TW.

Groete :thumleft:
 

Attachments

  • Vara 1.jpg
    Vara 1.jpg
    102.2 KB · Views: 125
  • Vara 2.jpg
    Vara 2.jpg
    104.2 KB · Views: 123
  • Kawa.jpg
    Kawa.jpg
    98.7 KB · Views: 123
  • Suz 1.jpg
    Suz 1.jpg
    108.4 KB · Views: 126
  • Suz 2.jpg
    Suz 2.jpg
    122.7 KB · Views: 125
Top