Upgrading van KLE 500

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Roela

Race Dog
Joined
Feb 13, 2010
Messages
2,017
Reaction score
0
Location
Wes Kaap
Bike
KTM 990 Adventure
Jis Manne. My vrou ry 'n KLE 500. Sy raak later vanjaar 40, ja ek het 'n jong bok gevat!
Anyway, die aanvanklike plan was om vir haar 'n Tenere of 690 te koop. Die wynbedryf is egter nou so in sy ma se moer in dat my plannetjies nie kan werk nie.
Nou het ek 'n tyd terug 'n foto gesien waar iemand 'n KLE opgeshuud het en dit het nogal kwaai gelyk.
My plan is om haar fiets in te vat vir 'n "diens" en dan te laat mooier maak. Ek dink aan shocks verander, ander voormodderskerm en dan 'n paintjoppie te laat doen. Weet nie of mens nog 'n paar pêre kan uittoor sonder om betroubaarheid in te boet nie.

Enige idees sal welkom wees, dit sal verkieslik nou net hier in die Slaapstad rond moet wees. Soos julle kan agterkom is ek nogal erg oor die ou vroutjie van my so ek is bereid om 'n paar rand te spandeer.
Dankbaar! :sip:
 
Top