Veldblom en Veldbrand se Anner-versie-Ry.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Veldbrand

Grey Hound
Joined
Oct 29, 2009
Messages
5,691
Reaction score
0
Location
Koedoeskloof, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Bike
BMW R1150GS Adventure
So laas jaar was ons Margsol toe vir ons 10de huweliks herdenking saam ‘n klomp vriende. https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=92393.0

Veldblom en ek besluit toe om die jaar op ons eie ‘n trippie te doen op roetes wat ons al meeste voorheen gedoen het maar daar was wel hier en daar onbekende ente.
Siende dat ons meestal oor naweke besig is besluit ons om van ’n Maandag tot Donderdag weg te breek. Skoonma word ontbied uit Hermanus om die fort te kom hou. Sien, daar is wel met tye voordele om hulle te hê maar oor die algemeen... ::)

Met ons vorige trippe deur die Baviaans was ‘n ou vriend van ons Renier saam op sy 1150 GSA en nog ‘n vriend Gus met ‘n Land Cruiser agterna. Dus was al ons pakasie in die 4x4 en kon ons lekker lig karjakker maar die keer was die bike, ons en ons bagasie in en op die top box en panniers saam ‘n goeie 550 kg.
Met ‘n swaargelaaide GSA en ‘n aantal ekstra kilos wat ek op onverklaarbare rede bygekry het vandat ons buite CBL woon, trek ons Maandagoggend vroegdag weg uit Koedoeskloof.
Net om die ou vark bietjie op te warm sleep ons per swartslang tot op Calitzdorp en swaai links op die geliefde Groenfontein pad.
Nog voor 10h00 slaan die kwik ‘n goeie 30 grade en selfs die skilpaaie staak. In fact, hulle na-aap daai witgeverfde dudes op Rosebank se mark wat so stilstaan in tops&tails met die hoed in die hand, maar hulle sweet.
By die Swartberg pad kap ons ‘n regs op ‘n stukkie teer en weer links op stof op die Oudemuragie pad al met die berg langs tot net buite De Rust.
In De Rust ryg ons gou ‘n brekfis in. Net betyds.
Verkwik en vol unleaded vat ons die pad rigting Wil-no-more toe en swaai links af op ‘n “loop” wat ek nog altyd eye maar nog nooit die kans gehad het om te ry nie.
Die pad loop tussen die Swartberg Natuur Reservaat en die Olifants rivier al langs die ou trein spoor en kom uiteindelik weer by die R341.
Dit gaan swaar in daai wereld en die hitte help nie. Hier en daar ‘n plaas met lewe maar oor die algemeen heelwat verlate opstalle en geen meer volstruise te sien nie. Meeste van die ou huise staan leeg en verweer. Nie eers plakkers maak dit daar nie.
Teen 12h00 kap die kwik seker maklik 35 grade so die gestop vir fotos is nie noodwendig goed vir die huwelik nie...
Trug op die Wil-no-more pad en weer links net na die Uniondale afdraai op die volgende “loop” na ‘n verlate gemeenskap by Toorwater. Die verste punt van die “loop“ se afdraai seg Warmbad.
Omtrent hier begin ek sulke desperate houe in die ribbes kry. Die hitte raak nou effe erg vir die miesies en selfs die odd kudu en vele bojane langs die pad is nie meer so interesant nie.
By die dammetjie langs die ou sending stasie vat ons ‘n breek, suig ‘n half gesmelte energy bar en ek teug ‘n twakkie.
‘n Paar kilos verder in die pad af kry ons die ou wa. Mens wonder watse stories sit in daai roes se memory vasgevang.
Nog so ent verder kom ons op ‘n trop van seker 25 elande af. Gin wildsheining te sien nie, hulle loop sommer vry rond.
Oor die volgende bult sien mens die prentjie. Eienaardige kleurverskil tussen die ooste en weste hange van die koppies. Die fotos doen dit dalk nie heeltemal gestand nie maar mens kan dit wel sien.
By die N9 net suid van Willowmore draai ons regs en gou weer links na die Baviaans op die T1. Ons het hom so 4 jaar gelede gery maar van Patensie se kant af so ek sien uit om die kloof van die ander kant af te besigtig.
Teen die tyd is dit al goed 40 grade en net na Nuwekloof stop ons in ‘n drif se “S“ by die eerste boom vir kilometers aan die verkeerde kant van die pad vir ‘n lafinis.
Net toe ons daar wegtrek en nog probeer om aan die linkerkant van die pad te kom, kom daar ‘n ongemaklik entosiastiese boerbakkie teen snotspoed om die draai van voor en die enigste sinvolle ding vir beide van ons was om aan die verkeerde kant van die pad by mekaar verby te gaan en gelukkig het die gode dieselfde boodskap vinnig genoeg deurgestuur vir ons albei om te verwerk en daarvolgens te reageer. Veels te close vir my liking en ek kry natuurlik nog een in die kortrib asof dit nou sou help. Inteendeel ek skrik my melk in ou suur yoghurt in en try my pose hou.
Nog ‘n paar kilos en ons kom by Uitspan waar ons vir die nag kamp. Lekker plek, vriendelike mense, ‘n baie cool klein Kelpy brak en mooi kampplekkie in die kloofie met ‘n volmaan wat wag om ons uit die slaap te hou. Later sou dit blyk die haastige bakkiebestuurder was ons gasheer...
 

Attachments

  • 2 Groenfontein.jpg
    2 Groenfontein.jpg
    45.8 KB · Views: 339
  • 3 Groenfontein.jpg
    3 Groenfontein.jpg
    68.3 KB · Views: 334
  • 4 Groenfontein.jpg
    4 Groenfontein.jpg
    106.6 KB · Views: 336
  • 1 Groenfontein.jpg
    1 Groenfontein.jpg
    76.9 KB · Views: 352
Top