Vinnig Addo na Q-town via Fort Fordyce, Tarkastad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Naand mede Wilde Honde, ek en Dutchman81 het n 2 dae ervaring soos min gehad. Die oorspronklike roete sou van Addo, Fort-Beaufort, Fort-Fordyce, Tarkastad en dan na my broer op Queenstown. Wel nadat die manne van Oos Londen uitgetrek het met goeie rede (weer het swaar gelyk op YR.NO, ek was self bietjie skrikerig) het ek vir Dutchman81 laat weet al sneeu dit ons gaan, is jy game, wel sy antwoord was oakey dockey (min weet ons wat voorlê). Die roete het soos volg geloop, Addo, Bedford, Baviaans Rivier, Tarkastad, Sterkstroom, Bailey, Queenstown. Die volgende dag(Sondag) sou ons dan Finchan's Nek verby Lylden afdraai na Wittlesea, Sada, Devil's Bellows, Katberg Pass, Belfour, Fort-Beaufort en teruf Addo toe.
Wel Saterdag is ek 5 uur op na die voorige aand se Eindjaar funksie, eerst 1 uur in die bed gekom, man ek was so opgewonde vir die vinnige trip dat ek net my kop wou skoon kry.
Reg, 7uur ry ek op Addo weg, koffie gedrink en plaas beskuit deurgewerk op Cookhouse en 9 uur ry ek in Bedford in, geniet n heerlike ontbyt saam met Dutchman81 en toe vat ons die pad. Van Bedford ry ons toe 9.8km op die die Cookhouse pad, draai reg op die Baviaan Rivier pad. Hier is n paar kiekies, geniet, ek sal vannaand n paar op sit tot op Tarka dan weer die volgende roete sin ens.
 

Attachments

  • 2012_12_01_IMG_5463.JPG
    2012_12_01_IMG_5463.JPG
    147 KB · Views: 251
  • 2012_12_01_IMG_5468.JPG
    2012_12_01_IMG_5468.JPG
    166.1 KB · Views: 253
  • 2012_12_01_IMG_5472.JPG
    2012_12_01_IMG_5472.JPG
    180.2 KB · Views: 251
  • 2012_12_01_IMG_5458.JPG
    2012_12_01_IMG_5458.JPG
    219 KB · Views: 247
Top