Vinnige Karoo Trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 15, 2013
Messages
6
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
BMW F800GS
Nuwe Poster hier, maar lees al 'n tydjie aan die groot trips. Myne is maar klein want ek kom moelik weg vir meer as 'n paar dae op 'n slag .

Ek en my pa besluit ons gaan 'n trip probeer inwerk elke 2 maande ten minste. Hierdie was Numero Dos.

Ek is vroeg Donderdag die 25ste by die werk in Claremont weg, my gedoentes bymekaar gegooi by die huis in Durbanville, en skiet toe deur Oudtshoorn toe vir die nag. Dis hier waar ek die ou kerel optel. Ons eet Ma-se-kos Donderdag aand en luister na my Tante die Doom-Profeet se voorspellings van reens in die Karoo. Accu Weather beweer dis droë dae wat voorlê, maar blykbaar het Die Burger 'n koue front bespeur iewers naby Marion Eiland en die gaan glo die Karoo Teister.

Nie veel wat ons daaraan kan doen nie.

Vrydag oggend skop ons af. Die ou kêrel sit 'n nuwe Bridgestone agter op sy 650 wat ek uit die Kaap uit vir hom gebring het, en ek en die Ou Vrou gaan vang 'n Spur brekkie in die drop. 10H00 val ons in die pad. Roeter lyk soos volg;



Sien, ek ry die 800GS en die word gebruik om my vanaf D'ville na Claremont te vervoer, een maal 'n dag, op en af, op teerpad. So ek het nie knobblies nie. Tot dusver het ek mooi reggekom op die grond, mooi stadig gebly (wat ook help vir my pa se 70 jarige ouderdom) en draaie mooi gevat. Iewers in my agterkop het ek nogals gedink aan die doom profete se reen, maar nouja, ons is oppad en ek het nie knobblies nie, nothing to do about that now.



Uit Oudtshoorn uit reguit Noord. Baie mooi area die tyd van die jaar, baie groen. Jy kronkel teen die riview op na die Kango Grotte se kant toe, en dan slaan jy die Swartberg pas. Die hele polisie was op fietse en op die berg slaan die wind ons. Die pad is pragtig, glad nie beskadig deur die winter reens nie en ons is met die grootste gemak in Prins Albert.







Prins Albert is mos maar 'n mooi ou dorpie. En hier draai ons toe uit die teer uit na Leeu Gamka toe. Snaaks genoeg, hier is water. Ek sien heelwat lusern en daarvoor kort mens water. Heerlike pad. Goeie geskraapte grond en mens kan maar stoot. Elke nou en dan 'n rant met 'n snaakse draai. Ek wonder altyd hoekom die pad reguit koop tot op 'n koppie, en die koppie is letterlik in die middel van nêrens . . . die pad kon seker maar langsaan verby gegaan het, maar anyways, die pad gaan nou oor die koppie, en nes jy oorkom change jy koers sodat as jy nou sou gejaag het met jou knobbly-lose tyres, jou oorgewig lyf mos nou effens ligter is soos jou maag 'n holte slaan vir 'n sekonde of so en net dan moet jy rigting ook change. Snaaks.

By Leeu Gamka is dit oor die N1 en net so 'n paar kilos op die teer voor ons links swaai na Fraserburg. Ek sien party van die ou borde op die Leeu Gamka stretch noem hom nog Frazerburg.

En dan net na nog so 'n paar kilos is dit op die grond na regs na Oukloof Pas. Hoekom sal mens dan nou teer ry as jy kan grond ry?

Hierdie pad is lovely.





Jy gaan verby die kruis wat Merweville aan die Weste het, Fraserburg Noord, Beaufort Oos, en Leeu Gamka Suid het. En weereens, hierdie pad is hemel.



Van hier af is die Oukloof Pas. Of eintlik Poort. Jy steek heelwyd die rivier oor . . . dan is jy links van hom en dan is jy regs van hom. Elke keer deur so enkel diepte watertjies. Nie probleme nie, maar ek vermoed dat as hier water geval het, sal dit sports wees. So klim jy saam met die rivier en nogals vinnig ook. Tegnies begin jy by Leeu Gamka wat nie te hoog is nie, en oor so 70 km klim jy tot op die Karoo Hoogland. En, die beste ding is dat jy nie die 300 hekke het wat die Laingsburg / Sutherland pad het nie. Ek haat hekke. Hier het iemand karre-brue verkoop met groot sukses.







Net hier gebeur daar toe iets snaaks. Ek sien 5 vlakvarke voor my in die pad. Eks voor gewees en sien toe die varke en besluit dat ek graag wil beter sien so ek versnel toe tussen hulle in. Dit was 'n Ma-Vlakvark en 4 Junior-Vlakvarke. So 1 Jaar Oud. Die Juniors is vinniger gewees en outrun toe vir Ma. En daar besluit Ma-Vlakvark dat sy lus is vir skoffel. Sy kap 'n U-turn en druk haar skoffel-snoet onder my voet in. Ek het reflekse soos 'n Puma en lig my voet op, maar Mamma skoffel. Dis net 'n stof-wolk.

Ek jaag toe weg en stop op die heuwel om eers op te hou lag.

Geen vlakvarke is beseer gedurendie hierdie trip nie.



Hiervandaan was dit so 40 km na Fraserburg toe. En ons maak toe die fietse vol, stop by die wyn-winkel vir ingeval Williston nie drank het nie (HAAAHAAAAA), en vertrek op die laaste 92km na Williston toe.

Die pad is geteer vir die eerste 7 km en die laaste klompie, en in die middel is dit 'n kliphard gerolde klei pad.





Net voor half 5 stop ons voor die Ark op Williston. Die plek gaan ook onder die naam "Williston Mall". Pieter is awesome. Ek sal lewenslank hier oorslaap. Ek sal om die waarheid te sê sorg dat my trips rondom Williston gebou word, sodat ek hier kan oorslaap. Die verblyf is awesome. En die hele boere-gemeenskap kom kuier hier.

Pieter is besig om 'n Winterfees te reel, en ek hoop dit word erg goed ondersteun.

Ons het heel aand in die doppies bar gekuier en gesien hoe die Kings deur die Lions getrap word. Later het Pieter sy Richeleu 10 jaar uitgehaal en die op ys en op die huis voorgesit.











En dit was dag 1.

 
Top