Vuka Scuta in the Hel

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Trailrider

Bachelor Dog
Joined
Dec 10, 2006
Messages
11,238
Reaction score
3
Location
George
Bike
Honda TransAlp XL700V
Sorry for the Afrikaans article:


Helse trippie in die Gamkaskloof
10/03/2008 06:20:19 PM - (SA)

Annetjie Joubert is â??n ereburger in Die Hel. As jy haar rooi wil laat sien, moet jy op â??n Sondagoggend met jou Vuka Scuta opdaag, het LE ROUX SCHOEMAN met sy besoek aan haar wêreld gevind.

TOE jaag â??n biker mos op â??n Sondagoggend stofpad op sy agterwiel in Die Hel. â??n Vrou storm uit haar voorkamer en lees aan hom die Leviete voor . . .

Niks merkwaardig aan dié toneel nie, mag jy dalk sê. Behalwe, soos by nader inspeksie blyk, dat die vrou in dié geval die laaste van haar soort op aarde is en die biker, só hoop â??n snelgroeiende Suid-Afrikaanse maatskappy, die eerste van â??n nuwe geslag motorfietsgeesdriftiges.

Annetjie Joubert is die enigste gebore â??Klowerâ? wat in Gamkaskloof â?? beter bekend as Die Hel â?? agtergebly het nadat dié sowat 20 km lange Karoo-enklave in die lies van die Swartberge leeggetap is deur â??n kombinasie van toegankliker paaie en vloedskade in die Laingsburg-vloed van 1980.

Vandag is Die Hel meer â??n toeriste-aantreklikheid as die kluisenaarsgehuggie wat vroeë skrywers soos Deneys Reitz geskilder het.

Daar waar gerugte van oproer en nuus uit die binneland glo nooit in die lower van â??n handjievol boorlinge se slaai sou krap nie. En waar taal â??n tydvergete metrum had. Tye het verander; vandag het Die Hel â??n webwerf en die gebied is grootliks â??n natuurreservaat. Natuurbewaarders op patrollie het verlede jaar op twee luiperdwelpies afgekom.

Rooikatte het glo afgeleer om katvoet vir mense te wees, en grootmeneerbobbejane blaf en laat allemintige keutels op die koeëlronde klippe in die Gamkarivier se loop.

Behalwe vir die Joubert-stam is al die grondeienaars vort.
Met verstommende Voorsienigheid is die pad plek-plek presies een Pajero breed.


Maar terug by die biker en sy stofpad wheelie. Soos Cordier destyds is Jan (Bike) du Plessis groot geraam. Met â??n rooi baard.

Oor â??n 110 cc-motorfietsie lyk sy 115 kg bepaald oordadig. Maar Vuka Scuta is â??n motorfietsmaatskappy wat die adrenalien van groeiende markaanvraag in hul are voel pomp. Hulle wil van Suid-Afrika â??n tweede Thailand maak in terme van tweewiel-alternatiewe tot motors, openbare vervoer en stap.

Hoe Jan en Annetjie se paaie gekruis het, is gevolglik â??n storie van bemarking, waagmoed en gewone teenspoed. Dit begin einde verlede jaar toe Tinus Lamprecht, die besturende direkteur van Vuka, met die idee gekom het om met Vukas Hel toe en terug te ry. Hoekom? â??Omdat hulle kan.â?

Maar kon dié klein, cc-beperkte, â??stadsfietsiesâ? dit maak, sou iemand soos Jan, wat op sy vetwielteervreter George na Prins Albert in 90 minute aflê, wil weet.

Daarom het Tinus vir Jan en vier agterryers getaak met â??n tweedag-retoer-ter-helle. Soos â??n mini-Argus vir sondaars. Die res is bemarkingsgeskiedenis.

Die wheelie was eintlik op versoek van â??n omstander â?? ter wille van â??n foto, nogal. En eintlik teenspoed, want Jan het hom vir die grootste deel van die twee dae bepaal by sy ambisie om die fietsie te laat les opsê teen die klippe en hellings.

Hierdie deel van die Karoo is by uitstek verleidelik, maar as verkenner moet jy die Swartberge paai om jou Die Hel te wys. Benewelend laag, byna haaks, en met â??n netjiese, ruie skaambedekking van oos na wes. Die rotse is â??n skouspel, dikwels gevou soos deeg. Steenformasies in â??n oergetypoel, gestol in die eietyd wat â??n geoloog sal beskryf as die moeder van alle laagwaters.

Wanneer vyf Vukas dus in gelid by dié pas afkom, draai die petrolkoppe wat hierlangs vier-by-vier. â??n Groepie jong Prins Albert-bikers wat reeds die Vrydagaand raakgedrink is, val plegtig in gedurende Saterdag se intog.

Prins Albert-bikers? Verbeel jou Trompie se bende ná (verbetering)skool en/of vyf jaar se combines ry in Amerika en jy is naby. Elk met â??n serious scrambler tussen die bene.

En so is ons die pas af. Toe is daar geswem in die Gamka. En gebraai. En gepraat oor die spotprentkuns van Fred Mouton. En stories vertel om die kole van ses bondels kloofhout terwyl omstandigheidsgetuienis gelewer is met verhale van ontelbare gruongelukke op dié land se mooiste paaie.

Toe, Sondag, is dit terug na die Prins se humorlose hitte en stygende eiendomspryse. En daarna terug na die Kaap.

Die Vukas word op â??n sleepwa gelaai vir die uitdaginglose teerpad. Die enigste â??beseringâ?: â??n nommerplaatskroef het losgekom.

Selfs Jan en Annetjie het die vredespyp gerook en is weldra gemoedelik uitmekaar. Al het dit bietjie verduidelik gekos.
 
Top