Wat is bike ry?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pappa-B3r

Race Dog
Joined
Feb 2, 2011
Messages
1,162
Reaction score
0
Location
Potchefstroom
Bike
BMW R1150GS Adventure
Goed so ek is besig om my bike te verkoop so dis heel moontlik hoekom ek goed soos die kwyt raak...

Ek is mal daaroor om my bike te was en te BLING.. Maar my vraag is, as ons hier 'n gemeenskap is van mense wat hou van bike ry, besef ons die ry deel is wat ons sê ons van hou?

Hoekom nie meer tyd spandeer op regtig die kilos doen en nie saak maak met watse bike dit is nie. Tegnies moet dit nie saak maak of dit met 'n R5000 se XR500 of 'n R300 000 se Ducati multistrada is nie.. Natuurlik is ons mense en sal altyd iets meer wil hê.

My opinie is dat ek te veel tyd in die week spandeer om te kyk wat word verkoop en as ek dit koop sal dit 'n baie klein verskil maak aan die regte plesier van bike ry.. Dis sekerlik net gierigheid dar mens altyd die nuwe model en die beste moet hê? Verskil julle van my? Is avontuur nie om iets te gebruik in uitsonderlike omstandighede nie? Iets te gebruik waarvoor dit nie regtig gemaak is nie?
 
Top