Waterberg skatte jag

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
Waterberge skatte jag 24-26/05/2016
Dit is al lankal dat ek hoor van on-ondekte skatte van die waterberge. Die hunkering om te gaan soek het al sterker geword. Nou is die winter hier en is dit seker die idiale tyd om op so skattejag te gaan in daai juweel wereld. Die beplanning begin eers as n solo avontuur, maar die opgewondenheid oorweldig my en ek laat val dit by n paar ore neer. Harry alias klr wannabe alhoewel hy nou al sy klr het en Hennie wat so min op die clan is ek is nie seker wat sy clan naam is nie. En dan Stefan wat net n 250 yammie het waarmee hy gaan stoom afblaas so nou en dan. Ons het saam n paar trapfiets avoture agter die rug. Nou ja die skatte sal seker maar gedeel moet word. Stefan het nie n avontuur fiets nie so hy huur my seun wat nou 16 is se fiets vir R100 p/dag. Opgewonde oor die exstra geldjies stem hy gretig in. Party sal seker sê ons het hom ingedoen. Hy ry die vrydag na my toe van Rayton af, saam met sy metgesels griep. Ek jaag gou om fietse se lisensies reg te kry. Stefan is so uur laat want sy metgesel griep wou hom nie vroeg iut die bed laat klim nie, maar hulle maak dit. Kry toe al sy goed in die sakke en vas gemaak op die fiets. Besliut toe ons sal koffie by Hennie drink aangesien sy vrou by die hius is en sy maak leka koffie, want ek wil nie koffie maak nie. Kopdoppe op en my fiets brul. Maar Stefan sin is stil. Hy druk die knormoer se knoppie maar daar is niks. Ag nee dink ek by my self en in my gedagtes gaan ek deur al die lêers oor die tegniese dae wat dit kan wees. Al lêer wat ek kry is die van die systand se Skakelaar. Wikkel om so bietjie en torring hier en daar. Kry die toes liggie wat as nuwe toevoeging aan my gereedskap sakkie deur my vroulief aan my gegee is. Haal die bedekking van die draad konekteerders af by die toere teller. Die liggie doen sy ding en daar is krag wat inkom en iutgaan. Nee dis nie die skakelaar nie. Iut moedeloosheid sê ek vir die fiets, ek haal somme haar fonkprop iut. Stefan druk weer sommer so die knoppie en toe is daar lewe. Ons alby lag. Die fiets wil diudelik nie deur die operasie gaan nie. Ons val in die pad. By Hennie maak pas ons gou n tipe van n nommerplaat maak plan om sy goed als op die fiets vas te kry terwyl ons die leka koffie wat die ergste koue verdryf afsluk. Hennie het ook n metgesel wat saam ry. Sy naam is bietjie erger griep, maar ry moet hulle maar saam. Ons is so half uur vroeg by Harry se werk wat onder omstandighede eers 13h00 kon afkry. Ek neem die geleentheid om van die liefde van my lewe afskeid te neem, aan gesien sy moet werk die naweek, anders kon sy ook saamry. Ons hoor Harry se fiets langs die fabriek afkom en dan begin die adrenelien hoogety fier. So hoog dat ons vergeet om kringetjie te hou vir n oomblikte van stilte.
Die gedrius van vier klr's vul die lug in so n mate, dat Monica ons later sou meedeel dat van die wat daar gestaan het hoendervleis gekry het. Twee rooi fietse en twee groenes waarvan een n c-model is. Ons kies koers Rayton toe waar Stefan eers by sy liefde wil gaan spog met die geselsskap, of is dit nou dat hy haar die fiets met die pakasie wil wys en hoop sy vang die skimp.

Ons neem eers gou n paar fotos. Van daar is dit Cullinan en dan deur dikoneng wildernis gebied. Stefan raak gou gewoont aan die gewig van die klr nadat hy en die fiets mekaar beter leer ken het op die eerste stuk grondpad in die wildernis gebied. Dis ook op die stukkie wildernis pad wat ons die eerste wild sien. N prag kameelperd of drie. Daar word hard op die remme gelê en omgedraai vir fotos.

Van daar is dit Pienaars revier en die R101 ou pad Warmbad toe wat dan ook n paar geleenthede bied vir foto's van die manne, hulle fietse en die son wat mik om kop neer te lê in die weste.

Op die warmbad word daar eers foorraad aangevul vir aand ete. Van warmbad af word die roete so effe verander want die son wil gaan lê. Die ore word plat getrek en ons vat die R101 na nylstroom waarna ons mik na metsi metsi, vir ons oornag vir die aand op die wilds plaas, waar daar warm storte is en ook n huweliks kapaal met oornag geriewe net groot genoeg vir twee mense.
Dis skerp skemer en die son het al n rukkie onder sy berg kombers ingekriup. Hennie wat by die eerste draai al saam die bobbejane in die bome wil gaan slaap na hy hom misgis met die draai, en die sand monster verras vir Harry. Maar nadat ons Hennie iut sy slaap gekry het en Harry opgehelp het en gelag het dat die trane rol,

maak ons dit tot by die plaas hius waar ons reel vir hout. Mens kan darm nie hier in die bos kamp sonder n ordentelike kampvuur nie. Kom by die kamp amper donker en die fietse word afgelaai. Ek is amper opgewonde oor die donker want ek het n lig waarmee ek wil spog. En toe, en toe werk die verdomde ding nie. Gelukkig het Hennie ook een, wat werk. Half verlee slaan ek toe maar my tent met die koplamp op.

Stefan verras ons met sy idee van n matras, waarvan ek versium het om n foto te neem. Hy het n skaapvel wat iut twee stukke bestaan wat aanmekaar gewerk is vir lengte, wat hy van ingeland ingesmokkel (bring) het. Blykbaar slaap die ding heel gemaklik en die koue kom nie deur nie, wat ek nie kan sê van die opblaas matras nie. Nou is die vraag waar om so skaapvel te kry. En hy vou omtrent soos die blou spons matrassies op wat mens oprol. Lekker vleis gebraai en gekiuer, en heel aand na Stefan geliuster het hoe hy die klr en die avontuur wat daarmee gepaart gaan ophemel. Wat kan mense sê. Nie een van ons ander drie het met hom gestry nie. Nou ja tyd staan nie stil nie, en een na die ander vul ons die snorkende koor aan.
Ek slaap diep en dink aan die roete opsies die volgende dag aangesien ons die volgende aand by doorndraai dam sou oornag het. Maar dis n vêr end en ek kry die sterk gevoel ek het dit oordoen met die afstand beplanning. Gelukkig is daar n paar opsies.
Ek word wakker gesarenade deur voël gesang, en ape en bobbejane wat in die koppe argumenteer. Ek het goed geslaap en die koue het nie regtig deur my biesie mat gekom nie. Een na die ander onttrek die manne aan die snorkkoor en verskyn biute die tente. Sommige met meer kreune as ander. Die tente is sopnat van die dou en dit gaan nog n ruk wees voor die son sy kop agter sy bergkombers laat iutsteek. Sal maar afslaan en vanaand weer opslaan. Die oggend lig bevestig wat ons die vorige aand by aankoms in die donker skemer gedink ons gesien het. Die dam is baie leeg.

Dam nou

Seker net so 40% vol. Ek het al met my familie hier kom kamp/ visvang. Daar waar ons gegooi het en ek nou loop, is nou droë grond. Minstens weet ons nou hoe dit lyk sou die dam weer optel. Die ketel word aan die gang gekry terwyl daar opgepak word. Dis koel en die warm voggies met die anys beskiud is n welkome lafenis teen die koue. Stefan is eerste opgepak. Hy het defenitief nie tydens sy verblyf in ingeland verleer van kamp nie. Sy fiets is klaar gepak en hy wil n paar draaie in die dam gaan ry wat iut n losserige sandbodem bestaan. As hy die fiets optel is daar n sug van verbasing. Sy agterwiel is pap. Ek is ook klaar gepak en my moet val bietjie gepaart met n ongewone ogewondenheid. Die roete van vandag gaan ons defenetief nie tenvolle doen nie. Die opgewondenheid, in die sin dat ek nou my toerusting op n avontuur kan toets, en sienende dat dit Stefan se eerste avotuur van die tipe is , gaan hy die volle effek van dit erfaar, min wetend wat voorlê vir die dag. Nou ja die fiets word afgepak en my wiel regmaak toerusting word navore gebring. Diep binne hoop ek dieselfde gebeur nie met die toerusting as met die lig gister aand nie, aangesien ek eintlik die enigste met toerusting is. Die wiel word losgemaak en rempasser word losgemaak en afgehaal, en die kruk op sy plek gesit. Ek voel amper soos die goeie doktor op n tegniese dag soos ek Stefan deur die proses vat.
 

Attachments

  • Waterberg trip 27052016 (76).JPG
    Waterberg trip 27052016 (76).JPG
    122.5 KB · Views: 637
  • waterberg trip 27052016 (26).JPG
    waterberg trip 27052016 (26).JPG
    132.4 KB · Views: 615
  • waterberg trip 27052016 (27).JPG
    waterberg trip 27052016 (27).JPG
    139.5 KB · Views: 616
  • waterberg trip 27052016 (30).JPG
    waterberg trip 27052016 (30).JPG
    123.6 KB · Views: 615
  • Waterberg trip 27052016 (88).JPG
    Waterberg trip 27052016 (88).JPG
    125 KB · Views: 618
  • Waterberg trip 27052016 (92).JPG
    Waterberg trip 27052016 (92).JPG
    121.5 KB · Views: 614
  • DSCF0069.JPG
    DSCF0069.JPG
    91 KB · Views: 621
  • Waterberg trip 27052016 (112).JPG
    Waterberg trip 27052016 (112).JPG
    100 KB · Views: 605
  • Waterberg trip 27052016 (114).JPG
    Waterberg trip 27052016 (114).JPG
    137 KB · Views: 627
  • waterberg trip 27052016 (17).JPG
    waterberg trip 27052016 (17).JPG
    125.3 KB · Views: 643
Top