Watter fiets sou julle voorstel

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

rampokker

Puppy
Joined
Feb 22, 2012
Messages
18
Reaction score
0
Location
Johannesburg
Bike
Triumph 800 XC
Hello. Ek is in die proses van my eerste motorfiets koop en wou so bietjie hoor wat dink die ou honde.
Ek wil die roetes en toere wat ek op die site sien doen so ek soek n fiets wat lekker ry op die pad maar ook "offroad" kan gaan, en neem ook in ag dat ek nog nooit in my lewe motorfiets gery het nie (was 1 keer gelift en dis al)
Ek weet nie hoe goeie idee hierdie vraag is nie, ek het myself net bekend gestel en die BMW en KTM honde wil mekaar al amper verskeur, maar anyway hier gat hy.
Op die oomblik (soos julle kan sien aan my avatar) hou ek nogal baie van die BMW GS.
Ek probeer op die oomblik besluit wat beter is vir n totale beginner soos ek, wat miskien een toer doen en dit nie like nie en dan staan die fiets net en vrot (ek twyvel baie sterk daaraan)
Opsie 1 is BMW F650 GS 2002 - 2007 ek sien mens kry hulle vir baie redelike prys en dink dis n goeie idee om iets soos die te kry https://capetown-westerncape.gumtree.co.za/c-Cars-Vehicles-motorcycles-scooters-BMW-DAKAR-F650GS-W0QQAdIdZ354797154
dis n 2003 met 35000 km op (as hy nie 135000km op het nie). Ek hou van die idee, want mens kry baie van hulle in die prys klas wat alreeds panniers en top box het. Die ding waarvoor ek skrikkerig is, is die instandhouding van die fiets, enigiets wat +-10 jaar oud is moet maar probleme begin kry en het gewonder of julle dalk kan sê watter tipe kostes en hoe gereeld ek probleme gaan hê. Omdat ek n beginner is hou ek van die "goedkoop" fiets, want as ek hom laat val is dit nie so erg nie.
Opsie 2 is na 2008 met die 800cc twin engine iets soos die https://capetown-westerncape.gumtree.co.za/c-Cars-Vehicles-motorcycles-scooters-BMW-F650GS-W0QQAdIdZ352256195 ek wonder of die 800cc engine werklik soveel beter is.

So om op te som gaan die ouer GS my baie geld uit die sak jaag aan onderhoud? R10000 is R10000 ek kan amper my eerste toertjie doen of tenminste oordentlikke gear koop met die geld wat ek spaar. En is die 800cc een soveel beter dat ek gaan speit wees oor n paar maande as ek hom nie nou koop nie. Ek weet julle sal seker sê gaan ry van 1 of twee van elk en besluit, maar dis my probleem, ek kannie motorfiets ry nie en soek dié een om te leer, so ek twyfel of ek met net my learners gaan kan sê of n bike lekker ry of nie.
Enige raad / komentaar sal baie waardeur word selfs al is dit oor n ander fiets as die 2 opsies waarvan ek praat.

NS. Ek is 1.86m lank en weeg so 100kg. As my afrikaanse juffrou van skool die lees jammer oor die spelling.



 
Top