Wes Kaap / Western Cape (Weskus) Bash

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Dit is weer tyd dat daar aandag gegee word aan 2014 se Wes Kaap / Wetern Cape bash!

Datum is die 21ste Maart (Vrydag) wat 'n vakansiedag is tot die 23 Maart 2014.

Plek: Malkoppanfarm kampeer terein.  (32 08'01.07S 18 18'31.61E)

Saterdag aand eet ons in die Muisbosskerm wat loop/kruip afstand van die kampterein is. (200m)

Daar sal 'n kroeg in die Muisbosskerm beskikbaar wees asook op die kamp terein! SAB biere R15.00 ander is R20.00. Dubbel brandy en mix R25.00.

Elke kamp plek het 'n elektriese punt (vir die haar droeers)  :imaposer:

Die kreef fees is dieselfde naweek op Lambertsbaai. (5km vanaf die kamp)

Laaste dag van betaling is die 7de Maart 2014
Ek het reeds die kamp en die skerm geboek vir 100 t0t 140 mense!
Ek moet die 10de Maart die finale getalle deur gee.

Prys R450 per person. (Kinders onder 6 is gratis en die tussen 6 - 16jr betaal R300.00)
Dit sluit in jou kamp plek asook die oggend koffie en die aand etes. (middag etes sorg elk vir homself)
Indien jy 'n kreef wil eet: Half = R40  Heel = 80 kan jy dit saam betaal sodat ek dit kan bespreek.

BANK BESONDERHEDE:
BANK: ABSA MALMESBURY
TAKKODE: 632005
DEPONEER AAN: HD VAN HEERDEN
REK NO.: 927 499 1183
VERW.: FORUM NAAM

Saterdag aand spyskaart:
Seekos Buffet
Aandetes: 18H30 vir 19H00
Ten volle gelisensieerd
Bokkoms of Bismark Herring / Groenmielies met botter (in seisoen)
Gebraaide vis
Geelstert, Geelbek. Tuna, Witstompneus, Harders, Hotnotsvis, en Kabeljou.
Gerookte vis
Snoek, Engelvis en Makriel
Gebakte vis
Stokvis, Kingklip.
(Minimum 6 soorte van bogenoemde soos beskikbaar)
Seekosbredie / Paella – met rys, mossels, calamari
Vleisbredie – Waterblommetjies of Hotnotskool of Boontjie of Kerrieafval
Tuisgebakte brood (Aartappelsuurdeeg) met tuisgemaakte botter & konfyt
Griekse slaai
Sandveld Aartappelskyfies
Soetpatat
Tartaresous en Knoffelsous
Vrugte van die omgewing (binne seisoen)
Koffie en Koeksisters
Gebraaide Kreef – Opsioneel, MOET BESTEL WORD! (Heel R80 / Half R40)
Ete duur ongeveer 3ure
 

Attachments

  • Muis.jpg
    Muis.jpg
    287.8 KB · Views: 1,224
  • Muis 1.jpg
    Muis 1.jpg
    159.7 KB · Views: 1,222
  • Muis 2.jpg
    Muis 2.jpg
    204.5 KB · Views: 1,215
  • Muis 4.jpg
    Muis 4.jpg
    176.8 KB · Views: 1,218
Top