WHAT TO PACK? - Africa Trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DREWMARX

Race Dog
Joined
Jun 28, 2012
Messages
590
Reaction score
2
Location
Pretoria South Africa
Bike
Honda XR650R
Hi almal,

Ek is nog redelik nuut by die honne en sal enige raad en advies baie waardeer. Ek en shanks gaan n' trip van Pretoria tot in Arusha doen in September. Ek gaan die volgende goed saam vat en veranderinge aan my bike doen. Ek gaan natuurlik kyk hoe prakties alles moontlik is maar gaan prober om die volgende saam te vat. Onthou ek moet n’ service kit saambring sodat ek my bike kan diens op ons trip, of net na ons trip. Ek gaan meer focus op die fiets as op my en maar net die minimum vir my inpak. Shanks aka Eue ry n' 2001 GS650 Dakar, en ek n' 2012 KTM 690 Enduro.

Wat dink julle moet ek los, en wat dink julle moet ek ekstra saamvat?

Tools: (Meeste van die items is klein en sal ooral op die frame gemount kan word, en daar is blykbaar baie plek vir tools onder die seat)
• Tyre Kit (patches en gom en whatever, dit kom in so sakkie met klomp stront om tyre’s te repair), 2 spare tubes (heavy duty tubes 1 voor en 1 agter)
• Tools (shifting spanner, leatherman, vice grip, tang, ster en plat skroewedraaier, wiel spanner, tyre levers, bead breaker, klein spannertjies en kak om die service te kan doen, spark plug spanner en extension
• Cable ties
• Stukkie draad
• Insolation tape, duk tape
• Tyre Weld (mengsel in blik wat band op blaas en puncture seel)
• Service kit (petrol filter, air filter, botteltjie olie(2l), spark plugs, brake pads)
• Sleep tou
• Spaar band voor en agter (wild it graag saam vat, maar sal maar sien of dit moontlik is, het al gesien die ouens bind dit sommer bo op die luggage vas)
• Botteltjie coolant en water (of reeds voorbereide mengsel, blykbaar is die 2011 modelle bekend vir biekie overheat in die begin, maar sou uitgesort gewees het met my 2012 model)
• Pepper spray
• Klein hammertjie of moer tool
• Lighter en firelighters
• Flares
• First aid kit

Verandering en goed wat moet gaan:
• Luggage rack, oorweeg miskien pannier racks(sal die tyres dalk daar kan vas strap)
• Long range tanks (Behoort so 22 litre altesaam te he) word deur KTM gedoen reeds
• Oorweeg bar raisers en sterker bash plate en crash bars (Weet nie of daar crash bars beskikbaar is nie)
• Tank bag (dis n’ moet)
• Sak vir agter op luggage rack
• Tent (Eue het reeds so oranje ktm tent vir my gekry SWEET!)
• Slaapsak en stretcher of slap mat
• Lig beskermer vir hooflig
• COMESA versekering
• Ek gaan dalk n’ CARNET moet kry omdat die fiets gefinansier is, hang af wat die bank se (Dan is ek finansieel geruineer, kos R3000 vir n’ jaar, en moet R6000 DEPOSITO los), gaan kyk of ek dit sonder n’ CARNET kan doen, hoor baie ouens doen dit sonder een.

Persoonlike bagasie:
• Toilet sakkie
• Miskiet goed
• Onnies (Skoon een vir elke dag, en so ekstra een vir wanneer ons ons gaan beskuit vir iets of gaan val dat ons kak)
• Skoon kouse vir elke dag
• So 3 tshirts (verkieslik breathable of so iets)
• 1 swembroek, een langbroek(jean), ligte trui of sweetpak top
• Plakkies
• Mik en druk kamera!
• Selfoon

Riding gear:
• Helmet en goggles en buff
• BMWat (dis nou n' ktm baaitjie) baaitjie
• Riding broek
• Boots
• Afmoer goed (chest plate, elbow guards, tjommie guard(hahahahaha), oorweeg n’ neck brace dis net baie duur)

Dream section (Sal maar kyk hoe lyk die geld sake na al die bogenoemde, maar heel onwaarskynlik dat daar selfs net n’ druppel gaan oor wees, moet nog geld he vir die trip self, hahahaha, ai, raak nou n’ duur storie):
• Sou graag n’ gps en gps mounting wil aanskaf, dis net vrek duur
• Go pro, ook duur
• Airhawk seat (dan is tjommie guard nie nodig nie), maar ook duur
• Acropovic pyp, die stock exhaust word moer warm en smelt alles, maar dis moer duur
• Centre stand

Beraamde koste(verblyf en brandstof):
• Op n’ gemiddeld van 20km/litre teen R12/litre
• En n’ maximum van R300/nag verbly budget
• R200/dag kos
• 5500km (dan weet ons ons laat toe vir genoeg en as ons dalk moet ompad ry hier en daar)
• Werk op n’ budget van nie meer as tien dae nie (ek kan nielanger as dit weg wees van die werk af nie, ons moet prober om dit in 8 dae te doen!)
• R1000 vir tolgeld
• TOTALE BERAAMDE TOER KOSTE NET VERBLYF KOS EN BRANDSTOF: R9 300.00

JIS MY KREDIET KAART GAAN LOOP!!! (Ai, ek huil sommer)

Laat weet wat julle gevoel is en lewer asb insette. Ek werk tans in Arusha en gaan nie dadelik terug ry nie, so dis ongeveer n' agt dae trip net tot in Arusha, en Eue gaan weer net biekei later dalk saam met my pa terug ry.

Groete

Drew
 
Top