Bucket list trips - Lesotho 2023

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

GKruger

Puppy
Joined
Jan 26, 2021
Messages
28
Reaction score
6
Location
Durbanville, Western Cape
Bike
BMW F800GS
Vir die laaste twee jaar praat ek en my goeie pêl Adriaan oor al die trips wat ons nog in ons leeftyd moet doen. Plekke soos Lesotho, Namibie, Himalayas, Patagonia…

Einde van 2022 kyk ons na al die fotos en videos van mense wat by die Roof of Africa is, en ek raai maar al die spectator loops doen. Ons besluit dit is ons volgende trip, iets heeltemal anders as die weskaap wat ons teen nou goed ken. Tyd vlieg weer verby en voor ons oë uitvee is die jaar uit. Ons besef dat as mens nie hierdie goed in die dagboek sit nie, dit gaan dit nooit gebeur nie.

So ons pencil hom in. Lesotho in die eerste week in Oktober!
 
Top