Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Potch Dawgs laat waai  (Read 1496 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Potch Dawgs laat waai
« on: January 12, 2013, 07:38:13 pm »
SAPA berig: Die rustige plattelandse dorp van Potchefstroom is vandag lelik die 21ste eeu ingeruk toe sowat 17 Wild Dogs met hulle motorfietse die dorp op horings geneem het en bejaarde inwoners en besadigde motoriste skrik op die lyf gejaag het.

Ook jong dames studente by die PUK universiteit het beswaar aangeteken en gesÍ dat die motorfietsryers glad nie eens aan hulle aandag geskenk het nie.  Een student het sover gegaan om te sÍ dat dit blyk die manne stel meer in hulle motorfietse belang as in enigiets anders.

"Hulle het net deur die dorp gejaag, sonder om eens te waai." het sy gesÍ.  Haar vriendin het gesÍ daar was een ruiter, wat volgens haar, 'n oranje motorfiets gery het, wat so half met 'n middelvinger gegroet het. Sy was onseker of die handgebaar vir haar bedoel was of of dit dalk vir 'n BMW motorfiets ruiter wat die oranje motorfiets op daai stadium verbygesteek het, bedoel was.

Die SAP is vir kommentaar genader maar volgens hulle val hierdie tipe klagtes oor rondloper honde onder die jurisdiksie van die DBV.

Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #1 on: January 12, 2013, 07:58:48 pm »
Daar was toe uiteindelik so 17 manne wat vanoggend by die Sasol vulstasie (wat die duurste brandstof op die dorp verkoop) op Potchefstroom bymekaargekom het om na die lekker reen te gaan ry.  Dit wil voorkom asof dit goed gaan met die Dawgs in die dorp; dit was amper uitsluitlik BMWs en sulke ander oranje fietse, KTMs of iets, wat die rit meegemaak het.  :pot:

'n Paar manne het die kommentaar gemaak dat ons op 'n manier die Dawgs se regte name en hulle forumname op 'n naamplaat of hulle WDs plakker moet sit sodat ons later die naam by die naam kan bring.  OK julle weet wat ek bedoel  ???  Ek het klomp manne gegroet en name gehoor maar ek onthou net die Johans.  O, ja en vir Jakes en Ettienne.  En vir Arno, en Des, en Jaco en vir ...  Kom manne sit julle name by die fotos hieronder dat ons julle kan herken  (daai damesstudente wil ook weet  ;))





Na al die reen wat Vrydag in die omgewing geval het en die terugvoering van 'n wolkbreuk naby Viljoenskroon, het ek gedink die enigste ou wat nie gaan neerwetter nie, die ou in die LandCruiser sou wees.  Hy was toe nie deel van ons span nie al wou van die manne hom as recovery saamneem.

Een van die manne (jammer,  kom nie op jou naam nie.  Julle ander manne moet help hier asseblief) ry 'n bitter mooi HP2.  En ek meen RY.  ja met hoofletters. Maar daar leer ek vandag ook 'n ding van Potch;  daar is die bo-dorp en die onderdorp. Nou daai manne van die bo-dorp,  hulle ry die witwaks uit 'n pad uit.  Ons ander manne (ek is deel van hulle),  ons is die manne wat matigheid voor oŽ hou.  Die mense wat vir verbasde omstanders moet waai en flou gevalle tannies lave nadat die bo-dorp se gevaarte verby is.  Ons is die agterhoede wat vol modder en roosts is en gereedskap moet aangee as daar papwiele is  :imaposer:

Nee maar eerlik waar, daar is 'n paar manne wat nie skrik vir 'n grondpad met sy waterslote, spoelgate, modder, sand.  Hulle kan en wil ry.  Ja dis julle wat so loer.  Kom gooi van daai kiekies hier julle.

Hulle jaag so vooruit dan wag hulle by die diepste, natste, snotterigste moddergat om die neergewettery af te neem.  Ons wil daai foties sien manne, gooi hulle.

Maar die spoorlyn se dienspad is lekker nat en het so 'n paar manne uitgevang, sommer al vroeg in die dag.  Maar, soos tereg gesÍ is, wat is motorfietsry sonder omval.  Die dag is so lekker vars en alles is lekker nat en skoon.  Dis sommer lekker om in die veld te wees.

Eerste stop hier langs die spoorlyn.  Daar was hier lekker fotosessie gehou so daar sal seker 'n paar uitstekende fotos gepos word.





Dis toe ook hier dat die eerste oog oor die fietse gegooi is om te verseker alles is nog waar dit vas gestrep was.
« Last Edit: January 12, 2013, 08:00:14 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #2 on: January 12, 2013, 08:11:50 pm »
Die dienspaaie van die spoorlyne kan darem lekker ry en ons gooi kole.  Dis nie hoe lank nie en een van die manne het 'n papwiel.  Dis een van die 1200GSAs, tubeless, so dis nie lank nie en dis weer styfgepomp en ons kan weer ry.  Maar nie voor daar weer so 'n paar fotos geneem is nie.





Terwyl ons nog so sit en raadgee oor papwiel herstel toe kom daar 'n man daar aan met sy beeste en diť is met 'n gevaarte in die welige rooigrasweidings in.  Lekker as die vee so lekker kan wei na die reen.

Kort hierna, klim ons vir 'n kort stuk op die teerpad en vandaar is dit grondpad wat lekker natgereen is.  Plekplek kan dit mens bietjie onkant betrap dan gaan ploeg die manne bietjie daai mielielande weer om.  Jaco, ons praat nou nie van jou nie  ;)  want jy het net jou fiets so in die ry op die sidestand probeer sit.  Jy sien, dit werk nie so goed nie  :peepwall:

Die paaie is eintlik in baie goeie toestand en mens kan nogal laat waai.  Daar is kolle wat in droŽ weer lekker dik sandkolle gaan oplewer en sal 'n winterrit hierlangs nogal pret kan wees.

Bymekaarkomplek langs die pad:



Ek moes toe my rit kortknip kort hierna,  maar daar is klomp lekker fotos en video ook geneem deur van die ander manne.  Ons sien uit om hulle te sien kerels.  

Dankie aan PappaBeer en RassieGS wat die rit gereel het asook al die manne wat ek lekker mee saam gery het.  Daar was 'n hele paar wat van Gauteng se kant af gery het, dankie dat julle saamgery het.  Ook aan JVR wat 'n onbeplande kort kursus in papwielherstel vir ons aangebied het  :thumleft:  Goeie klomp manne.  Ons maak weer so.
« Last Edit: January 12, 2013, 08:17:18 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Arno Roux

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Free State
  • Posts: 991
  • Viljoenskroon
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #3 on: January 12, 2013, 09:29:17 pm »
Dorsland, hoekom moes jy so vroeg ry. As jy heelpad daar was sou jy vi ons n ride report gooi soos min al gegooi het.

Jy mag maar
You live only once. Live it on the back of a GS with your BOETA next to you on his GS

 

Offline Vaalseun

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 474
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #4 on: January 12, 2013, 10:28:25 pm »
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het, en veral die manne wat die ride gereŽl het. Dit was baie lekker om ander honde te ontmoet en lekker paaie te ry. Die Potch honne rock!

Hier is Ďn paar van die kiekies wat ek geneem het.
















































 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #5 on: January 13, 2013, 07:13:35 am »
Lekker fotos Vaalseun!  Lyk my ek het iets gemis met die tweede skof.  Arno ek moes ongelukkig terug plaas toe kom, was baie spyt  :(  Maar volgende keer reel ek my dinge bietjie anders, dan ry ek hom enduit.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline JVR

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 1,186
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #6 on: January 13, 2013, 08:49:08 am »
.
Life's not short,it is the longest thing you'll ever do.
 

Offline Labrat

Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #7 on: January 13, 2013, 09:02:28 am »
Lekke ouens  :thumleft: Ai ek mis my ou valley het lank in Klerksdorp gebly, minder as n jaar terug nog daai lekke diens pad gery
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,653
  • Thanked: 36 times
  • Free as a bird
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #8 on: January 13, 2013, 07:27:53 pm »
Hierdie RR het nou lekker gelees.
Met Harry the Buffalo en Dorsland (en ander) in ons midde het ons 'n paar uitstekende skrywers in ons midde.
Hou so aan manne.  :thumleft:
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Offline RassieGS

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: North West
  • Posts: 339
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #9 on: January 13, 2013, 09:38:10 pm »
Nou ja hier is `n paar fototjies wat ek geneem het.
Ek het maar bietjie vooruit gery en toe afgespring op die dienspad langs die spoorlyn om die honne afteneem soos hulle inklok by New Machavie stasie

Paul86

Ek kan nie almal se name koppel by die foto nie so ek gooi maar net die fotos. As ek die naam onthou gooi ek hom by.
Papabeer

Die groepie by die stasiekie raak darem nou groter




Hier kom Eend123

Nog dawgs


Hierdie lyk soos Superdave met die hoe modderskerm

Die 650...

So kom almal regop en heel by die stasie aan


En EINDE TEN LAASTE die geheimsinnige man met die HP

Nou ja daar is ons eerste stoppie en die manne gesels maar oor die snot glad pad wat ons afgele het. Seker maagsere begin brand want 2 honne het al geval en ekke wat scout het sommer so 180 gedoen teen 60km/h in die gras in. DANKIE TOG DIE 1STE 5KM VAN DIE 170KM ROETE IS VERBY :imaposer:
Nou ja so ry ons weer aan met die dienspad al langs die spoorlyn, kruis die Orkney pad en hop op die die pad wat ons vat Stilfontein toe. Vir die wat die area ken sal oplet dat ons wegry van die koepel af dis darem lekker om so bietjie ompad te ry of hoe?
So langs die pad is nogal `n mooi bruggie waar ons gewoonlik stop. Die turf het nou plek gemaak vir so klip paadjie en nou loop die dinge vir almal sommer baie lekkerder daar is nou eintlik stof agter die honne



Hier kom die Dorslanders ook aan by die tyre regmaak lesing so uit `n Woema episode.

Die man weet nog nie eers hy gaan tyre regmaak nie

Dis nou hier waar Dorsland so heimwee gekry het oor die beeste wat so lekker gewei het


Van hier af het my hande vas gegom aan die oor van die GSA en ek het skoon vergeet om fotos te neem. Hier is darem nog so paar
So net na Koekemoerspruit slaat ek en dok eerste die sand/modder/snot stuk. Dis nou net hier waar DAAI man met die HP sit en wag om te kyk wat maak ons honne agter hom. Ek en dok het maar so saam besluit om oop te maak en te kyk wat gebeur...

Nog so stop plekkie op die roete Parys toe

Orangepower maak `n een hand stop :lol8:

Dis dam lekker om so die fietse in die veld te sien aan kom

X-Ray amper al vergeet jy was ook saam

Hier staan my en JVR se bikes bietjie en gesels oor die rit. Ag let tog net op na JVR se pod protectors wat hy laasweek opgesit het. PM hom net en se dit lyk mooi asb.

So 50km vanaf Parys 14km vanaf Skandinawie drif aan die FS kant

Gelukkig het ek soms die man met die HP ook van voor afgeneem

Jis maar ek ry lekker

En so is ons laaste stop by Venterskroon se Imperial Hotel aai die plekkie het dam potensiaal mag mens maar soms wens



Dit bly lekker.


 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #10 on: January 13, 2013, 09:54:04 pm »
Lekker foties Rassie  :thumleft:  Nou kan ek darem ook voel ek het die 2de skof (amper) saamgery.

En o ja, JVR,  daai pod protectors van joune lyk te mooi.  Nou's jou GSA nie so kaalboude nie  :biggrin:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Pappa-B3r

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: North West
  • Posts: 1,009
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #11 on: January 13, 2013, 11:05:49 pm »
Manne

Dit was nou my eerste trip saam soveel honde en ek kan net se dit was mooi gewees... Dis altyd lekker om mense te leer ken wat soveel passie met mens deel, jy voel sommer dadelik gemaklik en kuier land en sand.. Maar nie te veel sand asb.... lol!

Die doel van die trip was dat ons mekaar leer ken en kan kontakte opbou en ek dink dis geslaag gewees, Ons weet nou van mekaar en kan gerus kontak hou vir as daar weer so iets beplan word! Dankie vir almal wat saam gery het!
 

Offline krister

Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #12 on: January 14, 2013, 10:02:58 am »
Lyk of dit lekker was, Manne!   :thumleft:
Previous Bikes: Suzuki TS50ER; Suzuki GS1000G; Kawasaki Z1000; Yamaha XT500; BMW F650GS; BMW R1150GS; BMW R1200GS Adventure
 

Offline Paul86

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 324
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #13 on: January 14, 2013, 10:49:23 am »
Ai manne...wat 'n lekker trippie tot so 40km voor Potch!!
Daar besluit ek toe mos om 'n mooi stukkie grond langs die Vaalrivier te koop.

Als het goed gegaan...ek het my fiets heeldag mooi regop gehou deur die modder en bietjie sand!

Oppad terug was die pad bietjie klipperig. Ons het seker so 90km/h gery toe ek vir Pappa-B3r voor my sien briek. Dit was egter te laat vir my!
Toe ek oor die bultjie kom is dit styl afdraende en 'n draai na regs. Ek slaan toe agter-remme en die wiel begin te gly. Ek sien toe dat ek uit pad gaan hardloop en dis toe dat ek die voor-remme net raak en toe is dit verby! My fiets gly toe op sy linkerkant onder my uit en ek "body surf" (dis die beskrywing wat Pappa-B3r gegee het oor wat hy in sy spieŽltjies gesien het) die grondpad met lekker groot klippe op. Terwyl ek so op my bors gly en omkyk, kom die man op die dakar (jammer ek't jou naam vergeet) reguit op my af en ek rol net betyds weg. Hy sÍ hy is tussen my en die fiets deur en dat ek gelukkig na die regte kant toe gegaan het. Ek staan toe stadig op, voel voel so of ek iewers seer het, en help gou my fiets optel. Die manne was dadelik daar om te help en my fiets uit die pad te vat. Theunis (woema) bestudeer toe gou my fiets en sÍ dat als net kosmetiese skade is. So vandag is dit ek en die versekering!

My lyf is maar nog lekker seer vandag! Ek het so paar blou kolle, maar weereens besef ek net die waarde van ATGATT! As dit nie daarvoor was nie, kon dit baie erger gewees het!

Baie dankie aan elke hond wat my gehelp het...julle is great! :thumleft:

Ek het darem so paar foto's van vroeŽr die dag!
 

Offline Paul86

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 324
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #14 on: January 14, 2013, 10:52:23 am »
.
 

Offline Paul86

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 324
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #15 on: January 14, 2013, 10:54:44 am »
.
 

Offline Paul86

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 324
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #16 on: January 14, 2013, 11:12:21 am »
.
 

Offline Paul86

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 324
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #17 on: January 14, 2013, 11:13:44 am »
.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #18 on: January 14, 2013, 12:41:20 pm »
Ai Paul, dis jammer maar gelukkig niks ernstig nie.  Is jy die man oppie ander GS800 gewees?  Het jy nie vir ons aksiefotos met die GoPro geneem nie.  Hulle sÍ glo 'n goeie foto is dikwels net die tydsberekening daarvan  :pot:

Bly jy is OK.  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Paul86

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 324
Re: Potch Dawgs laat waai
« Reply #19 on: January 14, 2013, 12:53:03 pm »
Ai Paul, dis jammer maar gelukkig niks ernstig nie.  Is jy die man oppie ander GS800 gewees?  Het jy nie vir ons aksiefotos met die GoPro geneem nie.  Hulle sÍ glo 'n goeie foto is dikwels net die tydsberekening daarvan  :pot:

Bly jy is OK.  :thumleft:

Ja dis ek!

Ek's nog besig om deur al die video's te gaan, maar dit was nou die 1ste keer wat ek hom uitgetoets het, so ek leer maar nog.

Ek het darem nie te seer nie...net hartseer!!!