CABC (Cape Adventure Bike Challenge) 29 Oct to 1 Nov, Rooiberg lodge

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

hennielowe

Race Dog
Joined
Mar 4, 2009
Messages
1,237
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
BMW R1100GS
Cape Adventure Bike Challenge 29Oct to 1 Nov, Rooiberg lodge

Dis weer tyd vir die “CABC”, die groot Dubbel-doel Motorfiets saamtrek, oop vir alle fabrikaat motorfietse. Die Cape Adventure Bike Challenge word aangebied deur Garden Route Motorcycles oor die naweek van 29 – 01 November by Rooiberg Lodge in die Klein Karoo.

Die CABC wat sy ontstaan gehad het in die Sederberge in 2009 was voorheen ook in die Suid Kaap streek aangebied en keer terug na die Rooiberg Lodage, na-aan Van Wyksdorp, presies 10 jaar na die vorige byeenkoms by dié Lodge in 2010.

Destyds het Dubbel-doel motorfiets ryers van heinde en verre op die Klein Karoo toegesak vir ‘n heerlike familie naweek en ritte in die tipe terrien wat hierdie ysterperde voor gemaak is.

Soos in vorige jare sal daar hierdie jaar weer verskeie roetes wees om te ry, goed ingedeel sodat jy nie in die stof van ‘n groep van 100 ryers beland nie. Daar is groen roetes vir diegene wat nog nie so gekonfyt is nie, of die wat daarvan hou om dinge net bietjie rustiger te vat en die area te bewonder. Die oranje roetes is ietwat langer en kan moontlik hier en daar goeie vaardighede verg, maar niks wat mens nie in alledaagse dubbel-doel omstandighede kan raakloop nie. Die Rooi roete is vir die manne met ernstige vaardighede. Hierdie roete moet jy dalk liefs nie probeer aanpak as jy bang is dat jou fiets dalk gaan omdop nie.

Rooiberg Lodge in die Klein Karoo is uitstekend geleë sodat enige Dubbel-doel motorfiets entoesias letterlik in enige rigting kan verken na hartelus. Afgesien van al die roetes word daar ook ‘n hindernis roete uitgelê waar die manne en vroue mekaar die stryd kan aansê en toeskouers kan kyk hoe hulle hul vernuf op die motorfietse ten toon stel. By die laaste byeenkoms hier het  Andre du Toit op sy Honda uiteindelik koning gekraai met Michiel Kotze op ‘n Kawasaki kort op sy hakke. Marchant Maasdorp het op sy BMW HP2 in ‘n gesamentlike 3de plek die Tuinroete se naam hoog gehou.

Die CABC is ‘n naweek met dae gespandeer op jou motorfiets in die Suid Kaap / Klein Karoo area met sy natuurskoon en verskeidenheid en aande in die geselskap van goeie vriende. Inskrywings word beperk so enige motorfiets ryers wat belangstel moet spoedig gaan loer op www.cabc.co.za en seker maak dat hulle nie die jaar se geleentheid mis nie!

The Event Fee of R2490 include:

1. Tent stand accommodation for the duration of the event (arrival Thursday, stay till Sunday, bring your own tent).
2. Event merchandise: Cap, Shirt, Buff, Goodie bag full of goodies!
3. All meals: Thursday dinner. Friday Breakfast, Lunch pack for out ride, Dinner. Saturday Breakfast, Lunch pack, Spitbraai Dinner. Sunday Breakfast.

*Bar facilities will be available at the venue for your own account.
Entries will be limited to 150 participants.

Do as follows to book non-camping accomodation:

- Book via the CABC Website (Link below)
- Get a reference number
- Provide the reference number to Rooiberg Lodge when you book your accommodation.

On their web site, they have blocked the facility for the CABC so it will show full.

- Send an email to [email protected]


They have Loft rooms, cottages and manor house rooms available at discounted rates.




www.cabc.co.za
 

Attachments

  • poster.jpg
    poster.jpg
    96.7 KB · Views: 375
Top