CALEDON CANOLA RUN 7 SEPTEMBER 2013

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tienie

Race Dog
Joined
Apr 15, 2008
Messages
1,067
Reaction score
1
Location
Caledon
Bike
KTM 990 Adventure
Dis weer tyd vir die jaarlikse Caledon Canola Run! Weens onvoorsiene omstandighede moes ons laasjaar s'n afstel, maar wees verseker dat vanjaar se Run (dit gaan die sesde een wees), beter en lekkerder as al die voriges gaan wees.

Ons hou die resep van die verlede dieselfde, naamlik dat die roete "pillion friendly" sal wees, daar langs die pad 'n paar koue "versnapperings" te koop sal wees, daar weer 'n "expression session" sal wees waar die experts ons sal wys hoe 'n mens nou eintlik moet wheelie, en 'n heerlike middagete wat by die inskrywingsgeld ingesluit sal wees. Die roete gaan weer wees op plaaspaaie wat op privaat eiendom is, so ons waarborg jou 'n unieke ervaring!

Onthou dat die inkomste uit die event, soos in die verlede, vir 'n goeie doel aangewend sal word. Die volle opbrengs van die dag gaan vanjaar aan behoewende mense van Ruyterwacht in Epping geskenk word.

Die koste van die Canola Run se inskrywingsgeld is R150 per ryer en R70 per pillion. Hiervoor kry elkeen 'n koue koeldrank/bier van sy keuse, asook 'n heerlike warm braaivleis met slaai. Registrasie vind plaas op die parkeer-area van die groot kerk in die middel van Caledon vanaf 7h30 tot 8h30. Die Run begin stiptelik om 8h30.

Vir enige navrae, email my by [email protected]

Hier is 'n paar foto's van vorige jare se Canola Runs:

CanolaRun008.jpg


CanolaRun011.jpg


CanolaRun013.jpg


CanolaRun016.jpg


CanolaRun029.jpg


CanolaRun039.jpg


CanolaRun040.jpg


IMG_4819_edited-1.jpg


IMG_4803_edited-1.jpg


20090828053copySmall.jpg


IMG_4849_edited-1.jpg


CanolaRun041.jpg

 
Top