Hey Franky,
luister ou kwagga, hier gaan jy baie stories hoor en baie advice kry. Die honne weet waarvan hul praat

en sommige van hulle laaik net
baie kak praat.

Soos Teapot se, gaan ry eers so paar fietse. Kyk wat by jou pas en hoe gemaklik jy op hul voel. Daarna is dit eenvoudig, koop die deng en ry!

Hoe meer jy ry, hoe lekkerder word dit en hoe meer gemakliker raak jy.
Vir daai R50000 budget sal jy op die site genoeg rygoed vind.
Vra maar vir honne om skenkings te gee vir kit - die ouens is baie vrygewig, vra maar rond. Hier help almal mekaar!
Daar is ook oorgenoeg bike in die Kaap te vinde!
Vra vir advice as jy nie seker is nie - almal sal weereens help!
Voorspoed en WELKOM!!!
