Jissie kerels, ek is seker maar nog over excited maar het gou in amper donker die 30km langs die spoor Ltx toe gery om by HennieS te gaan koffie drink. Genade, ek weet nie hoekom ek nie lankal 'n 990 gekry het nie. Soos Darkhorse eenkeer gese het dit voel eintlik soos cheat om grond te ry met die outjie. Daar is so stuk grysklippe wat my al lelik laat nip het op die 1200GS en ek is nou daar oor asof dit teer is. Powerslide (net effens

) om 'n draai voel soos 'n natuurlike reaksie waar ek voorgeen myself wou beskuit as daai agterwiel net bietjie rondskuif. OK, genoeg hiervan, gaan nou bietjie sterk koffie drink om te kalmeer.