Fokkit kerels. 10 bladsye oor 'n donnerse hek. As jy hom toe kry, maak hom toe agter jou gat. As jy hom oop kry. Los hom oop. Dis nie rocket science nie.
Het jy die thread gelees?
Ek het ophou lees by bladsy 5. My oom het 'n plaas in die Namakwaland. As jy een goeie more opstaan om te gaan skaap bymekaar maak en jou helekudde van 60 dragtige ooie is gesteel dan sal mense verstaan hoekom 'n boer sy hekke sluit. Myns insiens wil almal eintlik bewys hulle kan op die paaie ry. Dis die boer se grond. Hy het dit gekoop. Nes ek en jy 'n erf of huis gekoop het en die reg het om die hekke/deure te sluit.
Dit is nie heeltemal so eenvoudig nie

Met die res van jou vorige post stem ek saam - los hekke soos jy hulle gekry het.
Beide "kante" in die thread het geldige argumente, en beide is ewe hardegat

My support met die een bly by die boere, die hoeveelheid kere wat mens in 'n situasie beland waar 'n hek gesluit is, is min genoeg.
Dit sou gaaf wees om 'n databasis op te bou van sulke plekke al is dit sonder kontak besonderhede om sekerheids redes.
Al hoe meer mense gebruik GPS kaarte en ry blindelings agter die roete aan, en al hoe meer GPS kaarte word opgedateer sonder dat daar bevestig word of die pad oop of toe is, i.e. van satelliiet images af.
En al hoe meer boere gaan hekke sluit oor die redes wat reeds genoem is.
Hoeveel bladsye nou al?