Solo Bike trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

grim101

Race Dog
Joined
Mar 26, 2012
Messages
2,509
Reaction score
741
Location
Oudtshoorn
Bike
AJS (all models)
So het my naweek aangebreek. Vrou was weg en ek het eindelik alleen tyd saam my skelmpie(Bike). Nou ek se altyd sys 'n vrou want sy glip altyd so voor die fotos in vir 'n selfie. \\\\\\\\\\\\\\\\\\\my eindbestemming was Vleiland ( Laingsburg) waar ek by 'n vriend sou gaan kuier.


Ek is deur Meiringspoort na Prins Albert waar ek afgedraai het op die Gamkapoort dam pad. Dis 'n lielfike pad tot so 5km voor die dam. Hier en daar is 'n sand stuk wat my Anakee so bietjie uitvang, maar ek het gou geleer om nie die throttle toe te maak as jy sand vang nie...dan dans jy behoorlik om bo te bly. Ek het my tyd beplanning gedoen sodat ek die hekke pad ook kan doen.

Maar ja op die koue dag het ek behoorlik gesweet en 2km voor die dam omgedraai. Daai 3km was glad nie lekker op die Vstrom nie. Laat ek dit so stel, sy fan kom nooit in die somer aan nie , maar hier het hy! Die fotos lyk beter as wat dit is. Ek moes van die fotos neem anders glo niemand my nie!

Ñ mens kry ñ snaakse gevoel as jy so alleen is en ver van enige mense. Soms is dit lekker, maar heeltyd in jou agterkop dink jy wat as jy nou ñ arm breek of iets. Om net so die bike af te sit en niks te hoor nie, dis heerlik!
 

Attachments

  • IMG_1082 (Medium).JPG
    IMG_1082 (Medium).JPG
    162.7 KB · Views: 209
  • IMG_1101 (Medium).JPG
    IMG_1101 (Medium).JPG
    185.6 KB · Views: 210
  • IMG_1103 (Medium).JPG
    IMG_1103 (Medium).JPG
    193 KB · Views: 208
  • IMG_1104 (Medium).JPG
    IMG_1104 (Medium).JPG
    158.4 KB · Views: 208
  • IMG_1105 (Medium).JPG
    IMG_1105 (Medium).JPG
    205.6 KB · Views: 208
  • IMG_1108 (Medium).JPG
    IMG_1108 (Medium).JPG
    172.5 KB · Views: 209
  • IMG_1112 (Medium).JPG
    IMG_1112 (Medium).JPG
    137.4 KB · Views: 203
Top