Die Karoo roep my...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 19, 2019
Messages
1,238
Reaction score
819
Location
Cape Town
Bike
KTM 950 Adventure S
En dis die regte tyd om my 'nuwe' X ordentlik in te ry
En siende dat ek mos hou van baie ure en kilometers per dag ry oorweeg ek n 4 dag roete wat rofweg só mag lyk, met so min teer as moontlik, en die roetes tussen dorpe nie noodwendig die logiese keuses nie:
Dag 1: Kaap, Bainskloof oor na Ceres, Tankwa, Ouberg pas, Sutherland, Fraserburg, Loxton
Dag 2: Loxton, Hutchinson, Merriman, Deelfontein, Nieu Bethesda, een of ander plaas
Dag 3: Graaff-Reinet, Aberdeen, Klipplaat, Beaufort Wes, Merweville
Dag 4: Daai geslote hekke pad Karelskraal pas oor plaas toe, Sutherland, Verlatekloof, Ceres, Kaap

Met genoeg stoppe om koffie te maak, baie fotos, dalk n bietjie wild camping, baie nostalgie in dorpe waar ek as kind gewoon of gekuier het.
En as die kilometers te lank raak verander die trip soos ek lus voel 😎
 
Top