Pa en kind - Ry en kamp naweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Aug 25, 2008
Messages
1,125
Reaction score
56
Location
Linden
Bike
Suzuki DR650
Ek is redelik bevoorreg om 'n seun te hê wat gereeld saam met my ry. Ons was die naweek Bela Bela se kant toe.

Wonder of daar belangstelling sal wees in 'n ride waar die laerskool kinders saam met pa op 'n naweek trippie gaan?

Roete vanaf Brits is basies grondpad tot op Assen en dan Leeupoort. Laaste 40km op teer. 'n Bietjie sand plek, plek maar niks ernstig nie.

Ons kamp gereeld by 'n oord naby Bela en die eienaars het gesê dat hulle ons kan voorsien met braai pakke en bykosse.

Ek is die 13de Oktober oop. Kom ons kry 'n paar junior honde saam
 
Top