Pa en seun trip met plastics - advies asb

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

kettieklip

Puppy
Joined
Aug 24, 2020
Messages
42
Reaction score
9
Bike
KTM 1190 Adventure
My Gr. 9 laaitie kom nou heel goed reg met WR250.
Ons is nou reg vir 'n draai ry met plastics. Advies gewaardeer vir 'n naweek trip uit die Kaap.
Nie heavy enduro nie, ook nie te veel oop grondpaaie nie.
Ideaal twee dagtrips vanaf dieselfde basis - wat bereikbaar is met die bikes op 'n sleepwa.

Het gedink aan:
Ry met bike trailer tot op Oasis, of Moon River Bush Camp, Cederberge.
Dan na Wupperthal, en by Enjo verby na Uitspankraal.
Vanaf Uitspankraal ooswaarts op die bo-rant van die Biedouw, en gou moontlilk suid draai langs die Doringrivier af na Reenen/Elandsvlei plaas,
Hiervandaan na Tankwa Tented Camp, oorslaap.
Dag 2 'n draai deur die Tankwa, en dan 'n mooi pad terugvind na Moon River kamp.
So iets.
Brandstof is maar 'n uitdaging. 120km max. Ons sal net 'n rugsak kan neem elk.

Enige voorstelle?
Enige pa en laaitie wat wil saamry?
 
Top