Bou 'n bike trailer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andre01

Pack Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
224
Reaction score
49
Location
Malmesbury
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
My skoonpa is 'n baie handige man en het 'n "home built trailer" wat hy altyd vir tuin vullis gebruik het.  Die sleepwa het in onbruik verval en hy gaan dit nou "oorbou" om 'n bike trailer te wees. Die lisensie vereis dat die sleepwa nie meer as 750kg (gelaai) moet wees nie.

Sy vereistes is as volg:

1) Die sleepwa moet een groot adventure bike in die middel kan vat of twee kleiner bikes teen die kante.
2) Hy wil sy Africa twin self kan op- en aflaai sonder hulp.  Hy is 60+ en nie baie groot nie.
3) Die sleepwa moet relatief maklik grondpad kan hanteer in die geval van 'n "recovery"
4) 'n Klein "boks" voor op sie sleepwa vir tools en "kit".

Hy is nog besig met die ontwerp. Enige manne wat goeie raad, tips en tricks het wat mens in so sleepwa moet inkorporeer? 
 
Top