Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Kanada 2.0  (Read 2746 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Kanada 2.0
« on: November 03, 2020, 02:24:46 pm »
So hier gaan hy!

Weet nie hoe mens die threads begin nie, maar die kort van die lank is ek is nou in Kanada. Ek het Saterdag geland na baie onsekerheid met die hele COVID storie. Ek sit nou in 14 dae self kwarentyn so die fotos raak nie meer nie, want ek mag net op die erf rond loop.

Nou elke groot besluit begin met 'n goeie afskeid. Nou ek het probeer om soveel as moontlik afskeide te hou en terselfde tyd die risiko om corona te kry ook laag te hou. Dit het omtrent 'n briek op alles gesit. Daar was baie planne en een was om vir oulaas 'n lekker motorfiets trip te doen so ver as wat ek kan, maar moes die risiko om corona te kry so laag as moontlik hou, want dit sal 'n moerse waste wees om dit te kry net voor ek moet vlieg. So het my ma dit paar weke gelede ook gekry en kon ek haar nie eens gaan groet omdat ons nie die kans wou vat nie.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Grrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
Re: Kanada 2.0
« Reply #1 on: November 03, 2020, 02:37:28 pm »
En weet ons wat maak jy nou in Kanada ?
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #2 on: November 03, 2020, 02:54:05 pm »
En weet ons wat maak jy nou in Kanada ?

Wat almal maar kom doen deesdae hier Oom. Kom werk :ricky:
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #3 on: November 03, 2020, 02:57:34 pm »
So die voorlaaste braai op Gouda het darem gesorg vir 'n trip met die motorfiets en hot tjoklit langs die pad oppad Wellington toe. Wou sommer vir oulaas deur Paar se hoofstraat ry.

Mense die steak was sag en perfek gebraai. Kamer temperatuur opgesit en warm reg deur. Die ware Vaalbaas steak
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #4 on: November 03, 2020, 03:02:43 pm »
Maandag die 26ste Oktober het ek vir Vaalbaas saam Groot Kaap toe gebring dat hy Sandrot se 990 kan terug ry Gouda toe waar hy parkeer gaan staan tot ek hom vakansies kom ry of Sandrot hom koop. Maar vir 'n man wat nie van lemoene hou nie, lyk hy heel gemaklik op die oranje goed.

Min wetende my paspoort is in daardie einste Fedex trok wat agter ons verby gery het by die Engen vulstasie.

« Last Edit: November 03, 2020, 03:04:18 pm by Worsbeer »
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Thunderlinde

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,557
  • Thanked: 36 times
  • Bellville Breker
Re: Kanada 2.0
« Reply #5 on: November 03, 2020, 03:03:28 pm »
Was dit n lang moeilike proses om oor te gaan?

KTM 950 Adv
Kawasaki KLR 650
Honda XL 125
 

Offline lpj

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,043
  • Thanked: 29 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #6 on: November 03, 2020, 03:06:13 pm »
 :sip:
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,534
  • Thanked: 203 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Kanada 2.0
« Reply #7 on: November 03, 2020, 03:23:30 pm »
Was dit n lang moeilike proses om oor te gaan?

Hy sou soos n koekie seep nier uitglip :lol8: :lol8: , maar danksy  Me Covid het sy dit met n jaar rondgeneuk :deal: :lol8:
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,534
  • Thanked: 203 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Kanada 2.0
« Reply #8 on: November 03, 2020, 03:25:23 pm »
Wens daar was daardie dag net nog tyd. Sou so n lekker draai om die Kaap groot geniet het
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline boere

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL1000V Varadero
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,868
  • Thanked: 69 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #9 on: November 03, 2020, 03:31:04 pm »
Geniet ou Beer ek Hoop jy het genoeg van "valbaas"se wors saamgevat :pot: :pot:

Knap gedaan Worsbeer. Ons weet jy sal 'n groos sukese van die nuwe uitdaging maak.

 :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #10 on: November 03, 2020, 03:31:37 pm »
Ek het Vrydag die email gekry wat s my decision package is by die koeriers en ek moet die waybil gebruik om die pakkie te track na 24 ure. Na 24 ure het ek nog nie eens die waybill nommer nie en Maandag oggend bel ek die agentskap in Johannesburg en moet hoor hulle stelsel is af. Ek was nie gelukkig genoeg om die eerste keer gehelp te word nie, maar het al geleer met call centers jy moet maar net aanhou bel en hoop jy kom uit by die een wat actually die dag werk. Ek dink mens hou tussen 3 en 4 min aan om eers na al die recordings te luister voor jy aanhou dat iemand optel. Met 'n gesukkel gee hulle vir my 'n waybill nommer vir Fedex. Ek bel Fedex se call center...

Eerste oprateur s die pakkie is overnight gestuur, maar hy weet nie hoekom dit nie uit vir delivery is nie, maar hy gaan Kaapstad 'n email stuur. Ek s hy moet hulle bel. Hy s hulle het nie lyne na Kaapstad nie en al manier wat ek met iemand in die Kaap gaan praat is as ek aanhou die call center bel en hoop iemand in die Kaapse call center tel op.

Tweede oprateur wat ek bel s jaaaaaa, hier is 'n selfoon nommer en landlyn nommer vir die Kaapse depot waar die paspoort is. Nie een van die twee nommers werk nie.

Derde operateur het opgedaag vir werk en terwyl ek aanhou bel sy Kaap en bevestig die pakkie het aangekom, maar hulle weet nie of hy op die vloer of in die bakkie is nie. EK vra toe sy moet mooi loop uitvind waar dit is. Kry later 'n oproep en sy s hulle het hom gekry en wag vir die drywer om terug te kom en dan kom lewer hulle hom af, maar hulle kan nie bevestig of dit Maandag nog gaan wees en hoe laat. Kan dalk Dinsdag wees. Ek kry toet die manager se nommer en vra een van hulle klerke moet sommer die ding gou bring aangesien niemand elkgeval weet wat skeefgeloop het of op 'n stadium geweet het waar die ding is.

Met die trip het ons sommer by Sandrot verby gery en die nuus gekry dat die paspoort daar is. Vliegkaartjies en die Covid toets moes nou gereel word, maar die tydlyne is vaag en die opinies oor die tydlyn van die geldigheid van die Covid toets het oral oorvleuel. Ek het eers verstaan dat die Covid toets nie ouer as 96 uur mag oud wees nie so ek wou sommer dadelik ry en by Milnerto Medi Clinic die toets laat doen. By hulle kan jy instap en hulle help as hulle kan. By Parklands Intercare moet jy afspraak maak vooraf.

So eerste vra ek die reis agent om die kaartjie vir Woensdag of Donderdag te boek. Sy laat weet my Emirates vlieg nie op Woensdae nie en ek vat die Donderdag vlug. Ek bel Intercare Parklands se Pathcare en die vrou s die toets mag nie ouer as 72 uur wees vandat hulle die swob doen tot ek in Kanada afklim. Dis 'n baie klein venster, want baie goed is van mekaar afhanklik.

Jy neem die swob min of meer 72 uur voor jy in Kanada aankom of so na as moontlik aan 72 uur as wat jy 'n afspraak kan kry.
Die tyd vandat jy op die vliegtuig klim in die Kaap (en ook die uitslag moet h) tot jy in Kanada aankom is in my geval omtrent 26h30min.
Die vroegste wat hulle my kan help is 36uur voor ek vlieg en wanneer jy die afspraak maak s hulle vir jou dat dit kan tussen 24 en 48 uur vat indien die masjien breek of iets.
Jy kan een keer jou vlieg datum verniet verander vir as jy positief toets (al het jy nie simptome) of as jy nie jou uitslae betyds het nie.

So jy is maar in die genade van ander mense wat hulle werk moet reg doen.

So paspoort het ek met 'n gesukkel gekry, want dis eerste stap om kaartjie en toets te boek.
Toets is geboek en as ek positief toets of het nie die uitslae betyds nie, moet ek die kaartjie skuif en weer die toets doen as ek nie vroeg genoeg kaartjie weer kry

Tyd vir 'n dop.

Dinsdag is dit net pak

Woensdag oggend gaan ek vir die Covid toets, pak verder en gaan na die laaste braai in Gouda voor ek vlieg.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Noneking

Re: Kanada 2.0
« Reply #11 on: November 03, 2020, 03:35:58 pm »
SUB
2007 KTM 990 S
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: Kanada 2.0
« Reply #12 on: November 03, 2020, 03:38:02 pm »
Kanada 2.0

Wavoor is die 2.0 is dit al klaar so koud daar?!! ;) :peepwall: :lol8:
Gooi fodies van daai plaas wanneer jy eendag mag buite kom :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline sandrot

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 667
  • Thanked: 14 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #13 on: November 03, 2020, 03:44:07 pm »
Daai bike en sy baas is soos kak en n polisie jas, ek het hard probeer.
Ontspan mater ek het een gekry, joune is veilig.
Geniet die koue en sterkte daai kant.
KTM 950 Adventure S
 

Offline roxenz

  • rocks make sense
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,976
  • Thanked: 247 times
  • cheerful yesterdays and confident tomorrows
Re: Kanada 2.0
« Reply #14 on: November 03, 2020, 03:45:53 pm »
Jis, dit klink na 'n naelbyt affere om dinge so gereel te kry dat alles uitwerk. Sterkte en hoop as jy eers op die aerie is loop alles mooi glad!
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #15 on: November 03, 2020, 03:48:54 pm »
Nou die Woensdagaand braai...

Elke foto verdien eintlik sy eie post. Loedolf het all in gegaan met hierdie braai. Die burgemeester van Gouda (Loedolf) het selfs 'n order in gesit dat die wind nie waai nie en ek dink dit was een van die mooi dae wat oom MellowJoe bo-op die windpompe gesit het en die fan se bearings ghries en blades reg buig.

Toe ons stop, is die vuur aangesteek en die eerste drankie geskink.

Eerste op die menu was skaapstertjies. Kan nie onthou wanneer laas ek dit geeet het nie, maar dit was lekker. Moet asseblief nie geflous word deur die KWV on the rocks. Ek kon nie eens die eerste een klaar drink nie en het maar soos die tappit wat ek is Coke by gegooi. Net gedink dit gaan 'n mooi foto maak :imaposer:
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #16 on: November 03, 2020, 04:01:39 pm »
Na die skaapstertjie was dit skaaprib met koljander en suurlemoen sous. As jy dit nog nie so geeet het en oedolf dit gebraai het nie, het jy nog nie geleef nie.

Die steak...

Nou het ek al my hart uit geeet, maar ek hou plek vir hierdie, want DIE STEAK. Loedolf kan nou help waar ek die feite verkeerd het.  Maar Februarie toe ek hom vertel ek gaan Kanada toe, to s hy ek moet hom net 'n headsup gee wanneer ek vlieg, want hy het 'n steak wat hy November al vir hom gevacume het vir Desember se braaiery. Die steak was in die yskas en die heel jaar van November 2019 laasjaar tot 28 Oktober 2020. So kort duskant 'n jaar en die dag was uindelik hier.

So tweek weke voor dit het Loedolf eendag ges hy weet nie wat meer oor is van die steak nie, maar hy sal dalk nog vir ons 'n stukkie kan uitsny uit hom uit. Groot was die verrassing dat hy sommer 3 lekker stukke uit die steak kon sny. Bene met murg is op die rooster gesit en toe alles gaar is, is die murg op die steak gesmeer. Hierdie is nie vir die swakkeling nie. DIt was moer lekker. Die geur, die murg en alles. Het op 'n stadium oorweeg om 'n pan onder die rooster te sit dat die steak nie deur die rooster val nie.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #17 on: November 03, 2020, 04:04:10 pm »
Nou hier is waar dit snaaks geraak het. Kyk maar net self
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: Kanada 2.0
« Reply #18 on: November 03, 2020, 04:04:52 pm »
Ek let geen slaaibak op by die afskeids party? ;) :peepwall: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #19 on: November 03, 2020, 04:14:06 pm »
Die stompie

Vir die wat nie van die vorige post af onthou waar die burgemeester rook nie.  Kyk net wat sien ek die volgende oggend die gras.

'n Man wat nie rook nie en dit haat om 'n ander se stompies op te tel. Rook is sleg en rokers mors... :imaposer: :imaposer: :imaposer:


En dan vir ou laas die oggend Marloes se wreld bekende toast broodjies met kaas en pers uie saam met masjien koffie voor ons terug ry Kaap toe
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450