Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Kanada 2.0  (Read 2748 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #20 on: November 03, 2020, 04:18:59 pm »
Het nou 'n belangrike deel gemis.

DIE SMS

So skemer aand kry ek toe die sms met die uitslae van die covid toets. Die stres was verniet oor die 24 tot 48 uur. Maar ek dink hulle maak soos Telkom wat 'n dag vroeer die internet kom insit as wat hulle gesÍ het hulle gaan. Dan is mens mos nie meer so kwaad vir hulle nie.

So alles is nou op track en ek het al die papierwerk om Donderdag aand op die vliegtuig te klim. By die huis gekom, moes ek nog die laaste goed pak. Min geslaap en moeg, maar die goed moet in
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,534
  • Thanked: 203 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Kanada 2.0
« Reply #21 on: November 03, 2020, 05:41:50 pm »
Jy het die storie van daai steak amper reg. Hy was net nooit gevacuum nie. Hy was 350+ dae ge dry cure. Moet bieg. Ek het geen hoop gehad dat hy ons so sou verras

Edit  Ek sit gou so paar fototjies by
« Last Edit: November 03, 2020, 05:42:27 pm by VaalBaas »
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,534
  • Thanked: 203 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Kanada 2.0
« Reply #22 on: November 03, 2020, 05:47:59 pm »




En wat ons sou kon eet



Getik op my foon

2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #23 on: November 03, 2020, 11:59:03 pm »
Donderdag oppad huis toe, stop ek by Pathcare om die oorspronklike Covid uitslae te kry. Mens weet nooit nie. As jy nie die oorspronklike by jou het nie, sal daar een wees wat vra jy moes dit hÍ. 14h00 is ek oppad ughawe toe om seker te maak alles is reg teen 18h35 as ek moet vlieg. Toe ek die bagasie moet check-in is my bagasie mos oorgewig. Een tas 24.7kg en die ander een 25kg. Die mens sÍ iets van trouble en ek sÍ okay hoeveel moet ek betaal. Sy maak 'n grappie, vra vir my paspoort en Covid uitslae en daar is ek oppad.

By security gaan dit maklik en ek kom by my hek aan redelik vroeg. Maar nou is ek honger en ek loop in by Big5 duty free en ek sien sulke verdagte droewrs stukkies vir R109.00. Ek vat maar 'n pakkie en gaan sit teen 'n pilaar en eet die Bosch blikkie hondekos wat in die derm droog gemaak is.

Toe ek die vorige dag my sitplek kies, was daar baie min oop sitplekke beskikbaar en ek vermoed toe dit gaan 'n vol vlug wees. Ek het die heel agterste ry van die Boeing 777 gekies op die punt van die 4 seats in die middel. Op die ander punt sit nog 'n ou.  Ek sien die mense hou op inkom en besef toe hulle plaas mense wat saam travel langs mekaar en 'n oop seat tussenin as jy alleen travel. Die gevolg is dat daar twee seats tussen my en die ander ou oop is. Net voor die vliegtuig opstuig staan hy ook op en gaan sit op twee oop seats aan die kant van die vliegtuig. So ek het 4 oop seats en kon die hele vlug tot in Dubai op my sy lÍ en slaap.

Toe ons land anderkant vra ek waarheen hy oppad is en hy sÍ Irak. Ek sÍ toe ek neem aan hy doen sekuriteit daar en al wat ek weet is dis gevaarlik daar. Sonder om 'n oog te knip of 'n grap te maak, antwoord hy dis gevaarliker in Suid Afrika...

Die volgende oggend rondom 06h00 Dubai se tyd geland met 'n 3 ure wag tussen die vlugte. Die volgende vlug Toronto toe het ek in die paadjie gekies van die 3 sitplekke langs mekaar op die kant. Weer 'n seat oop tussen my en die ou teen die venster. Die 4 sitplek rye is ook weer net mense op die punte. Nie so goed geslaap soos die eerste trip nie. 14 ure later sak ons af oor Toronto. Vir die eerste keer kry ek huimweŽ en wonder oor my besluit en of ek reg is vir wat kom en of ek nie nou geld gemors het nie.

Na ons geland het moet ek eerste customs toe gaan sodat hulle my werkspermit kan uitreik. Die uitstappie kom met baie stres, want in die papierwerk sÍ hulle dat die customs officer die een is wat gaan besluit of jy aan gaan en of jy terug klim op die vlug. So nou wonder watse vrae hulle gaan vra en al het ek al die antwoorde en is alles reg gedoen, dink mens mos maar aan daardie klein deeltjie wat kan fout gaan. Oral in die vertrek is kameras en ek weet die mense sit en kyk na almal en laat weet die ouens onder van verdagte verdagtes. Nou is dit darem f@kken moeilik om nie na die kameras te kyk nie. Een ou wat al by die counter staan word gesÍ om saam te kom dat hulle sy tasse kan gaan haal en deur gaan. Okay, so die ouens doen hulle werk en is deeglik.

Ek kom voor in die ry en 'n offisier roep my nader. Ek verduidelik ek is hier dat hy my werkspermit moet skryf. Hy sÍ okay, maar hy gaan bevestiging moet sien. Nou bevestiging sien dek 'n redelike wye veld, want mens kan baie goed bevestig. Maar ek maak my lŽer oop en haal die pakkie papiere wat ek saam die paspoort dokumente gesit het alles uit en gee dit vir hom. Hy sÍ dit lyk goed en ek moet gaan sit vir so 5min. Na 3 min roep hy my weer en ek reken as mens sÍ 5min en dis nou 3min dan is daar fout. Toe ek aangestap kom sien ek daar lÍ die permit en all good. So verlig dat ek nie weet waar om uit te stap nie.

Ek gaan haal my bagasie en stap na die voorkant van die lughawe om 'n shuttle te soek wat my na die hotel moet neem.

So gaan staan ek op die een plek buite, maar sien niks. Ek vra later iemand wat verby loop met 'n 2rigting radio en hy sÍek moet een vloer af gaan en by S gaan wag. EK maak so en daar staan wragtag 'n bus. Die drywer sÍ ek moet 'n rukkie wag tot 7S kom. ek maak ook so en nie lank nie hier kom 7S. Ek vra die bestuurder of hy my daar kan aflaai en hy sÍ na 'n ruk ja, maar ek gaan so 200m moet stap. Ek reken ek is gatvol en ek sal stap. Ek klimp op en die wielietjie tasse hardloop die bus vol met die wegtrek. Ons ry so 'n ent en ons stop by 'n busstop langs die pad. Daar besef ek ek is nou op public transport. Ek is mos maar gewoond daaraan op Sutherland is public transport die poliesie van wat mense gaan aflaai op die punt van die dorp. Maar die oom het gesÍ hy sal my gaan aflaai so ek ry maar saam. Ons stop by nog 'n busstop en hy wys so ent terug waar die hotel is. Nou het die plastiek wat ek die tasse laat wrap het mee al om die een wielietjie gedraai en ek sukkel met die tas, maar ek beur voort met my 49.7kg tasse en 11kg handbagasie bo-op.

Met 'n moerse gesukkel en nat gesweet in minus 3 grade kom ek die hotel binne om te hoor dis die verkeerde holiday inn. ek moet by express wees. Dit na ek die straat naam ook vir die oom by die bus gegee het. Die shuttle drywer sÍ hy is oppad terug lughawe toe en ek kan saam ry. By die lughawe help hy my uit en bel die holiday inn express en vra hulle moet 'n shuttle stuur. Hy sÍ dit gaan so 20min wees. Die shuttle drywer staan en wag daar by my en 20min later stop die regte shuttle daar en ek is oppad.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #24 on: November 04, 2020, 12:11:33 am »
By die hotel ingeboek en seker gemaak hulle verstaan ek is 'n foreign traveler. As ek by die kamer in is, mag ek nie weer uitkom nie. Gaan op, bestel uber eats op my Suid Afrikaanse App.

Volgende oggend half 4 is ek wakker en ek moet eers 6h saam met die shuttle lughawe toe ry. Staan maar op en hang rond in die lobby. Vat my ontbyt sakkie en eet dit daar terwyl ek die tyd om wag. 6h is die shuttle daar en ek is oppad lughawe toe. Vlug is 8h, maar met die Covid goed is almal stadiger en meer deeglik. Deur sekuriteit en betyds vir die vlug. So 'n lang vliegtuig met twee seats aan elke kant. Hier sit die mense maar opmekaar. Hulle moet eers die ys van die vlerke af spuit. Die lorrie het so 'n kraan op met 'n boom wat uitkom en dit afspuit. Die man wat die spuitwerk doen sit bo in so 'n hokkie. Die lorrie ry vorentoe en agtertoe, maar daar is nie 'n drywer agter die stuur nie.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #25 on: November 04, 2020, 12:13:27 am »
Nog Toronto
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #26 on: November 04, 2020, 12:22:41 am »
Van Toronto vlieg ek Saskatoon toe. 4 ure in die lug, maar die horlosie skuif net 2 ure aan so 10 land ek in Saskatoon. Dis 'n kleiner lughawe so alles gaan maklik hier. Die werkgewer het vir my 'n bakkie gelos met geld vir die parkering en my simkaart. Ek kry my tasse en wragtag daar is die bakkie. Die parking ticket, kontant en simkaart ook. Toe ek die deur oopmaak kry ek die verrassing van die stuurwiel waar ek nie een verwag het nie. Ek laai die tasse in, stap terug om die parkering te gaan betaal. Ek stap terug bakkie toe en maak ek wragtag weer die verkeerde deur oop waar die stuurwiel nie is nie. Kyk maar so rond wie het gesien en stap om.

Nou is dit aan die regterkant van die pad bestuur. Ek het al, maar dit kom nie so natuurlik nie. Plus ek moet nog op google maps ook kyk hoe om te ry. Gelukkig is dit outomaties so hy is altyd in die regte rat.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #27 on: November 04, 2020, 12:30:29 am »
Van Saskatoon af was die ppad stil en die spoedbeperking 100km/h. Niemand weet hoe stadig dit is nie behalwe ek.

Matching shoes en handskoene

Hierdie week praat hulle van dis indian summer. Dis warm die week en die sneeu wat op die foto's is, het alles gesmelt. Dis nou 13grade buite. Maar dan Vrydag is die k@k aan. Verwag 'n sneeu storm die naweek.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline immigrant

Re: Kanada 2.0
« Reply #28 on: November 04, 2020, 02:32:24 am »
Ek klim nou nog aan die verkeerde kant in. Dan maak ek of ek iets in die cubbyhole soek of onder die stoel iets laat val het.

Whiskey en coke  - jy gaan mooi inpas. Al wat jy hoef  te se op jou citizenship aansoek is ďI drink whiskey and cokeĒ en jy is aanvaar!
Oulike boots.....vir die lente   ;)
Bele in Muck Boots. Warm, 100% waterproof en word gedra na kerk, troues en begrafnisse. 
« Last Edit: November 04, 2020, 02:44:14 am by immigrant »
Yamaha Super Tenere, Yamaha FZ8, Yamaha Grizzly, Yamaha Viking, Honda CRF250L
 

Offline Mr Zog

  • Well fuck me, I'm a
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XL500S
    Location: USA
  • Posts: 7,934
  • Thanked: 456 times
  • Without the gutter my mind would be homeless...
Re: Kanada 2.0
« Reply #29 on: November 04, 2020, 05:41:51 am »
Ek klim nou nog aan die verkeerde kant in. Dan maak ek of ek iets in die cubbyhole soek of onder die stoel iets laat val het.

Whiskey en coke  - jy gaan mooi inpas. Al wat jy hoef  te se op jou citizenship aansoek is ďI drink whiskey and cokeĒ en jy is aanvaar!
Oulike boots.....vir die lente   ;)
Bele in Muck Boots. Warm, 100% waterproof en word gedra na kerk, troues en begrafnisse.

DKW boots - dans, kerk en werk  :imaposer:
Young enough to know I can, old enough to know I shouldn't, stupid enough to do it anyway.
 

Offline SlŠinte Mhaith

Re: Kanada 2.0
« Reply #30 on: November 04, 2020, 07:51:21 am »
.
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,977
  • Thanked: 126 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Kanada 2.0
« Reply #31 on: November 04, 2020, 11:30:11 am »
Sub!   :sip:
->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #32 on: November 04, 2020, 07:58:32 pm »
Was dit n lang moeilike proses om oor te gaan?

Ek het Februarie met die proses begin met 'n job offer. Met covid het alles baie stadiger gebeur was wat dit gewoonlik doen. Golden email was middel Oktober daar.

Maar elke geval en elke manier om oor te kom se tye verskil.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 
The following users thanked this post: Thunderlinde

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #33 on: November 04, 2020, 07:59:29 pm »
Geniet ou Beer ek Hoop jy het genoeg van "valbaas"se wors saamgevat :pot: :pot:

Knap gedaan Worsbeer. Ons weet jy sal 'n groos sukese van die nuwe uitdaging maak.

 :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Dankie vir die mooi wense
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #34 on: November 04, 2020, 08:02:06 pm »
Kanada 2.0

Wavoor is die 2.0 is dit al klaar so koud daar?!! ;) :peepwall: :lol8:
Gooi fodies van daai plaas wanneer jy eendag mag buite kom :thumleft:

2.0, want @immigrant  en @chillin_in_bots  het reeds Kanada threads wat ek van weet.  :imaposer:

Ons het uit gereŽn en moes binnetoe skuif. Slap chips en slaai. Nou nog spyt ek nhet nie maar aangedring dat ons die ander steaks ook braai, maar was dik gevreet. Vaalbaas moet nog die foto van die slaai post
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #35 on: November 04, 2020, 08:03:39 pm »
Daai bike en sy baas is soos kak en n polisie jas, ek het hard probeer.
Ontspan mater ek het een gekry, joune is veilig.
Geniet die koue en sterkte daai kant.

Ai dankie tog. Nou kan ek rustig raak. Die slotte wat ek op Loedolf se stoor wil sit is fkn duur!!!

Dis nou 'n heerlike 4 buite, maar die naweek...
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #36 on: November 04, 2020, 08:08:48 pm »
Ek klim nou nog aan die verkeerde kant in. Dan maak ek of ek iets in die cubbyhole soek of onder die stoel iets laat val het.

Whiskey en coke  - jy gaan mooi inpas. Al wat jy hoef  te se op jou citizenship aansoek is ďI drink whiskey and cokeĒ en jy is aanvaar!
Oulike boots.....vir die lente   ;)
Bele in Muck Boots. Warm, 100% waterproof en word gedra na kerk, troues en begrafnisse.

DKW boots - dans, kerk en werk  :imaposer:

Ek het presies daardie selfde ding gedink!!!!! :imaposer:

Ek gaan die "soek iets in die cubbyhole" truuk onthou. Is hoeka nog opsoek na warm boots. Ek het so paar gum boots met grys inners in wat mens by die kooperasie koop. Hulle job lekker vir kar toe en huis toe, maar langer as dit begin jou tone terug kruip in jou voete in.
KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Crankshaft

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 791
  • Thanked: 82 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #37 on: November 05, 2020, 09:03:21 am »
Worsbeer, baie dankie vir jou post.  Alle sterkte daai kant. 

Ek volg graag jou post...

KDX 200, YFZ 450, YZ 250F, YZ 450F, WR 450F, R1200GS LC, R1200GS ADV LC, 2nd R1200GS ADV LC
Current: WR 450F & KTM 1290 Sup Adv R
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #38 on: November 05, 2020, 03:10:57 pm »
Worsbeer, baie dankie vir jou post.  Alle sterkte daai kant. 

Ek volg graag jou post...
Hier is n screenshot van n tydlyn van iemand anders. Dis ook op 'n job offer manier, maar ek is deur die provinsie nomineer en hierdie is die LMIA manier gewees. Myne het min of meer dieselfde tyd begin en was bietjie vinniger.

Baie inligting op SACanada groep op Facebook

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450
 

Offline Worsbeer

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,298
  • Thanked: 40 times
Re: Kanada 2.0
« Reply #39 on: November 05, 2020, 03:15:58 pm »
Worsbeer, baie dankie vir jou post.  Alle sterkte daai kant. 

Ek volg graag jou post...
Hier is n screenshot van n tydlyn van iemand anders. Dis ook op 'n job offer manier, maar ek is deur die provinsie nomineer en hierdie is die LMIA manier gewees. Myne het min of meer dieselfde tyd begin en was bietjie vinniger.

Baie inligting op SACanada groep op Facebook

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk
Skies ek het nou quote en nie reply gedruk. Dankie vir die mooi wense

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

KTM 1290T 990R, 950S, 525, 250
Honda AfricaTwin RD04, CRF450