Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Solo "Long Way Down"  (Read 713 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Solo "Long Way Down"
« on: September 18, 2010, 08:26:29 pm »
Dominique is 'n Belg wat beplan om op 25 Oktober 2010 sy tuisdorp in BelgiŽ te verlaat per BMW G650 XChallenge. Sy bestemming: Kaapstad. En as hy in Kaapstad aangekom het, mag hy dalk besluit om weer al die pad terug te ry :ricky:

Hy het 'n webwerf waar al sy planne en voorbereidings uiteengesit word (in Nederlands / Vlaams). Hy beplan om die verloop van sy reis op sy webwerf by te hou. Daar is ook 'n gasteboek waar jy die man kan gaan moed inpraat. Ek glo hy sal kan staatmaak op die Wild Dogs se raad en daad :mwink:

http://africa.fastbikers.be of http://www.n4m.be
Ouskool is koel.
 

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Re: Solo "Long Way Down"
« Reply #1 on: October 26, 2010, 11:05:51 am »
Ons vriend het toe gister, soos beplan, in die pad geval ..... ek bedoel: Hy het vertrek :D Dit lyk my hy word tans deur twee pelle vergesel, seker terwyl hulle nog op Europese grond is. Sy eerste reisverslag-pos is tans te lese. Ek sien egter nog geen foto's nie. Ek hoop dit kom gou :thumleft: Lekker ry Dominique :ricky:
Ouskool is koel.
 

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Re: Solo "Long Way Down"
« Reply #2 on: December 09, 2010, 09:11:29 pm »
Dominique, ons vriend, vorder. Dit lyk vir my hy is nou daar in Senegal en Ghana se geweste. Die paaie is maar vrot op plekke en hy het ook al 'n neerslaan of drie agter die rug. Gelukkig glo hy aan die nut van ATGATT en kon hy darem elke keer nog verder ry.

Sy dagboekinskrywings is nie baie konsekwent nie, aangesien die internetverbindings en -spoed maar baie sporadies van aard is. Daar is egter heelwat foto's in sy dagboek - merendeels omgewingstonele, maar baie mooi! Willehond Michnus, wat tans op 'n opwaartse Afrika toer is, moet uitkyk vir Dominique op die pad. Dalk drink hulle mekaar nog raak by 'n sjebeen of Írens :biggrin:
Ouskool is koel.
 

Offline White Rhino

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,927
  • Thanked: 4 times
  • Save the White Rhino
Re: Solo "Long Way Down"
« Reply #3 on: December 21, 2010, 03:43:16 am »
Man does this fellow travel light. There's barely enough packing space for a box of condoms! Does Dominique wear a thong?

Anyway huge respect for picking the Western route down. I think he's got a loto of balls going through central africa and the congo, the roads (if any) are barely passable when wet.

Good luck!!
I'd rather have a full bottle in front of me than a full frontal lobotomy
Nothing clears the head like a throttle twisted and the fresh air on the tip of the nose

Beta 300RR, KTM500, KTM990 Adv, HPN635, 1200GS LC