Ek, my Vrou, die KTM en 'n tent (Bloemfontein - Oos Kus - Mosselbaai en terug)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Probie

Race Dog
Joined
Dec 29, 2009
Messages
1,333
Reaction score
13
Location
Groot-Brak
Bike
AJS (all models)
Hallo aan al die Honde

Ek en my vrou beplan 'n trippie van die 21 Jan - 6 Feb 2012 soos julle onder sal sien. Neem net in gedagte dat dit net ek en my vrou gaan wees en my riding skills is net avarage. Ek sal graag by julle uitvind van lekker roetes om te ry of van lekker oornag plekke (met die tent natuurlik). As die weer nou rerig nie lekker is nie dan sal ons in 'n huisie bly of so iets. Ons gaan redelik swaar gelaai wees so ek is nie seker hoe die KTM hom gaan gedra in die berge (gravel) nie! Wel ons beplanning is nog in die begin stadium so dit kan dalk nog baie verander. Dit is hoekom ek nog bietjie raad nodig het om als uiteen te sit. Die roete sover wat ons graag wil doen is:

Bloemfontein - Barkley Oos
Barkley Oos - Oos London
Oos London - Boknes
Boknes - PE
PE - Plettenbergbaai
Plettenbergbaai - Mosselbaai
Mosselbaai - Knysna
Knysna - Baviaans
Baviaans - PE (Want ons het 'n troue daar die 4-Feb)
PE - terug Bloem toe met 'n oorslaap erens.

Asb as enige iemand weet van lekker roetes tussen hierdie plekke of dink ek moet die roete verander of enige lekker oornag plekke!!!!
As daar iemand is wat dalk gedeeltes wil saamry is julle ook welkom.

Ek sal die add update soos ek die beplanning maak.

Groete
Probie  :thumleft:
 
Top